Honduras: President én opponent sê hulle wen
Dis onseker of die man wat agt jaar gelede 'n staatsgreep in Honduras gelei het om aan bewind te kom, vir 'n tweede termyn as staatshoof verkies is.
Honduras se president en sy sterkste teenstander het albei op ‘n oorwinning aanspraak gemaak ná verkiesings in die Sentraal-Amerikaanse land.
Dit te midde van toenemende spanning en verwarring, asook geen amptelike uitslae wat bekend gemaak is nie - meer as agt ure nadat die stembusse gesluit het.
Juan Orlando Hernandez, ‘n sentraal-regse bondgenoot van Amerika, het kort ná meningspeilings met die sluiting van die stembusse ‘n oorwinning verklaar. Die TV-netwerk Televicentro sê hy het 43,93% van die stemme in Sondag se verkiesing ingepalm, met Salvador Nasralla, die leier van ‘n breë koalisie bestaande uit linkse en regse partye, bekend as die Opposisie-alliansie teen die Diktatorskap, wat 34,7% van die stemme op hom verenig het.
Ure het verbygegaan sonder dat enige amptelike uitslae bekend gemaak is.
Nasralla, ‘n flambojante TV-aanbieder, het vroeg gisteroggend verklaar dat hy met 4,8% meer stemme as Hernandez geseëvier het.
“Ek is die nuwe president van Honduras,” het die 64-jarige Nasralla aan jubelende ondersteuners gesê. Hy het hulle aangemoedig om die strate in te vaar en hul steun vir hom te wys.
Aan die opposisieleier se sy was die voormalige president Manuel Zelaya, wat agt jaar gelede in ‘n staatsgreep deur Hernandez uit die kussings gelig is. As koördineerder - en baie glo hy is die ware mag agter die alliansie - kan Zelaya groot voordeel trek as Nasralla wen.
‘n Oorwinning vir Nasralla sal ‘n slag vir die arm land wees, waar meningspeilings voor die verkiesing aangedui het Hernandez sal gemaklik wen en vir ‘n tweede termyn as president sal dien, ná ‘n omstrede besluit vroeër deur die hooggeregshof. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie