Honger en hartseer weens onwettige dobbelmasjiene
HARTSEER EN ONGELUKKIGE NAMIBIESE BURGER SKRYF:
Geagte minister Pohamba Shifeta, reeds maande gelede is 'n belofte gemaak dat hierdie euwel gestop sal word.
Vir jare is die 20 000 plus onwettige dobbelmasjiene en ongelisensieerde dobbelhuise 'n groot probleem in ons land. Hierdie onwettige dobbelhuise en dobbelmasjiene is die oorsaak dat honderde kinders honger en koud gaan slaap. Vir hoeveel maande en jare moet dit nog so aangaan?
Daar is altyd geld vir suip en dobbel, maar nooit is daar geld vir kos, water en krag in baie huise nie. Die probleem was al gerapporteer aan NamPol asook aan die ACC, geen antwoord nie behalwe die beloftes. “Ons sal uitvind waar dit gerapporteer moet word”, maar daar gebeur dan niks.
Geagte minister, asseblief, hoekom wag tot die nuwe wetgewing in plek is. Dit kan mos nou stop, die ou wetgewing is mos nog in plek.
Asseblief meneer die minister, ons, die publiek, sal al hierdie onwettige dobbelhuise en dobbelmasjiene vir julle uitwys, en kan ook 'n paar name gee van die eienaars van die onwettige dobbelmasjiene.
Behalwe die onwettigheid rondom hierdie euwel, beland die geld direk in die sakke van die eienaars, geen belasting word betaal nie. Is dit nie ook 'n manier van “geldwassery” nie?
Asseblief, gee vir ons 'n telefoonnommer en plek waar ons hier die onheil en bedrog kan rapporteer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie