Honger? Jammer, landbou is 'vermoor'
Elvira Hattingh – “Jammer, geen voorraad, die boer is vermoor.”
Op 31 Januarie 2015 laat ’n leë stalletjie by ’n gewilde weeklikse boeremark in Pretoria met dié woorde op ‘n banier, die oë rek.
Al was dit toe net ’n bemarkingset vir die rolprent Treurgrond wat die verhaal wou vertel van menige plaasaanvalle in Suid-Afrika, het ’n foto hiervan soos ’n veldbrand op sosiale media versprei. Mense het gesê die gewone man moet sy oë oopmaak en verstaan dat kos nie in fabrieke gemaak word nie.
Namibiërs spring nie heeltemal dié probleem vry nie, egter met die verskil dat ons ’n polisiemag het wat soms die skuldiges vang. Rus sag, Peter Jakob, André Maier en Gerald Leitner.
Daar is egter meer as een manier om die boer te “vermoor”. Geslote grense, vee- en wilddiefstal, NEEEB, houtskoolkwotas, grondbelasting, droogte, ’n watertekort, kwessies met die besit van wapens en ammunisie uit die vryheidstryd, plaasaanvalle – en dan is daar dié wat beweer boere leef van die vet van die aarde.
Einde verlede jaar publiseer die Transvaalse Landbou-Unie (TLU-SA) ’n brief waarin dit kommer uitspreek oor die handelinge van owerhede wat tot die nadeel van kosproduksie lei.
“Het jy al geëet vandag? Bedank dan die boer en sy plaaswerker, want sonder hulle is daar geen kos nie en sonder kos is daar geen toekoms nie,” lui hul brief.
Met dié dat tot 75% van Namibiërs op die een of ander manier van die landbousektor afhanklik is, glo ek dat ons hier die waarde verstaan van dié mense wat kos op ons borde plaas.
Ja, jy weet van die droogte, wat meer as 700 000 Namibiërs honger gelaat het. Wat jy nie weet nie, is hoeveel keer die sneller ter wille van ’n genadedood getrek is, hoe kaal grond sonder weiding vertoon of hoe moedeloosheid lyk as nog ’n boorgat slegs wind spoeg nie. Terselfdertyd moet die landbouprodusent opdok – brandstof en ander insetkoste word duurder en die regering soek grondbelasting.
Niks het gegroei op die lande van bestaansboere in kommunale gebiede nie en die Suid-Afrikaanse mark vir hul kleinvee het ook toegemaak.
Namibië geniet ’n hoë-gesondheidstatus wat dieresiektes aanbetref, in so ’n mate dat dit onlangs die eerste Afrikaland geword het wat vleis na Amerika en China toe kan uitvoer, terwyl ons lank reeds na die streng Europese en Noorweegse markte uitvoer.
Geen wonder plaaslike kenners meen dit maak nie sin vir Suid-Afrika om dit skielik uiters moeilik te maak vir speenkalfprodusente om hul diere uit te voer nie. Die gevolglike agteruitgang van veilingpryse dui daarop dat ons speenkalfbedryf dalk keelaf gesny is.
Die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) sê plaaslike boere is in reële terme 70% swakker daaraan toe as tien jaar gelede. Die organisasie meen saam met die droogte, beteken die toe grense dat verskeie boere nie weer gaan kan opstaan nie.
Nog is die einde niet. Die media berig voortdurend oor vee- en wilddiefstal, wat skynbaar besig is om handuit te ruk. ’n Bejaarde egpaar naby Otavi word jare lank geteister, vrees vir hul lewe en staan op die rand van bankrotskap. Hulle durf nie ’n wapen lig om hul eiendom te beskerm nie. Vra vir Kai Rust.
Prof. Johan Willemse, bekende landbou-ekonoom, sê onlangs landbou verkeer in “die perfekte storm”. Die Namibië Lanbou-unie (NLU) waarsku dat kospryse skerp gaan styg en dit duur gaan word om kos op die tafel te sit en dat ’n wesentlike gevaar bestaan dat sommige boere alles gaan verloor.
Toestande is besig om die boer te vermoor. Die hand wat kos op ons tafels sit.
Dit gaan swaar met boere en ten spyte van hul spreekwoordelike vindingrykheid, raak hul planne nou op. Dit het tyd geword dat owerhede en Kan Alleman na hul hulproep moet luister of voorts jou eie hongerpyne sal moet trotseer.
Skep dus maar bietjie minder op jou bord, liewe leser. La Niña kan voorts dalk die droogte se dors breek, maar ons gaan waarskynlik nou maer jare binne.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie