Honger kan tot burgerlike onrus lei
Jana-Mari Smith - Weens 'n inperkingstyd van langer as ‘n maand staar Namibië ‘n dreigende hongersnoodkrisis in die gesig. Dit kan burgerlike onrus veroorsaak onder dié wat toenemend armer raak, aangevuur deur groter geweld van gewapende magte en min, tot geen veiligheidsnette nie.
“Moeilike ekonomiese toestande lei altyd tot sosiale onrus. Namibiërs is gewoonlik vreedsaam, maar daar word gesê ‘n honger persoon is kwaad,” het ‘n professor in ekonomie, prof. Omu Kakujaha-Matundu, onlangs gewaarsku.
“Die grootste en onmiddellike sneller vir onrus is honger, wat vererger word deur ongelyke inkomste. ‘n Klein aantal mense geniet steeds dieselfde gemak as vóór die krisis, terwyl die massas honger ly,” het Kakujaha-Matundu bygevoeg.
Verlede week het die landbouministerie se uitvoerende direkteur, mnr. Percy Misika, gewaarsku die ekonomiese inperking kan daartoe lei dat die sowat 700 000 mense in die land wat geen voedselsekuriteit geniet nie, toeneem. Dié getal kan hoër as ooit vantevore raak.
Dit volg ná ‘n woedende skare stadsraadslede die afgelope naweek gekonfronteer het oor ‘n vertraging in voedselhulp-aflewerings in Windhoek.
Terselfdertyd is duisende in informele woonbuurte gedwing om hul stalletjies in markte en klein besighede te sluit. Dit het voorheen vir ‘n daaglikse inkomste gesorg waarvan mense afhanklik is om hul families te voed.
LEIERSKAP
Kenners stem saam dat nou die tyd is vir die regering en private maatskappye om leierskap te toon en innoverende maniere te vind om die krisis en die groeiende hongersnood onder gemeenskappe te hanteer.
Mnr. Graham Hopwood van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) beklemtoon die situasie moet versigtig en deursigtig hanteer word. Hy is tevrede daarmee dat sommige informele markte sal kan oopmaak, asook die uitbetaling van die noodinkomstetoelaag.
Hy meen egter ‘n kombinasie van ekonomiese frustrasies, asook groter onmenslikheid deur veiligheidsmagte skep ryp toestande vir burgerlike onrus.
“Die afgelope weke was daar verskeie voorvalle van buitensporige geweld teen burgerlikes gewees - veral in die armste woonbuurte - terwyl koerante oor die ekonomiese gevolge van die inperking op hul voorblaaie berig het.”
Hopwood meen ekonomiese frustrasies kan verlig word deur bestaande toelae en noodtoelae te verhoog en daadwerklik opgetree moet word om seker te maak veiligheidsmagte bly onder beheer.
OORLEWING
Mnr. Mutombo Leon, ‘n vlugteling wat jare gelede vanaf die Kongo na Namibië gevlug het, kan reeds vir vier weke lank nie groente by ‘n mark in Okuryangava verkoop nie.
“Ek weet nie wat ek kan doen nie. Hierdie is die ergste situasie waarin ek nog beland het sedert ek moes vlug. Ek het gehoop op ‘n beter lewe en nou het ek geen werk nie. Ek kan ook nie aansoek om die noodtoelaag van N$750 doen nie, want ek is ‘n buitelander.”
Hy sê hy oorleef op klein rantsoene, meestal rys.
Me. Christofin Musenge, ‘n Namibiër wat saam met Leon werk sê: “As hulle ons nie gaan toelaat om ons mark oop te maak nie, sal ons sterf. Hoe moet ons oorleef sonder om iets te verkoop en sonder om te kan eet?”
WOEDE
Kakujaha-Matundu waarsku indien dringende stappe nie geneem word om in die behoeftes te voorsien van diegene wat honger ly nie, begin hulle voel dat hulle niks meer het om te verloor nie. “As die meerderheid mense só begin voel, kan dinge buite beheer raak.”
Die Regshulpsentrum (LAC) se me. Toni Hancox meen die pandemie het ook langdurige probleme met dienslewering ontbloot.
Sy voeg by die onlangse verskaffing van water aan gemeenskappe wat jare lank reeds nie toegang tot die dienste gehad het nie, “dit laat lyk asof daar in sommige gevalle wel die geld en vermoë was om dit te doen.”
Me. Astrid Haas, beleidsdirekteur by die International Growth Centre (IGC) het onlangs geskryf diegene wat afhanklik is van die informele ekonomie die ergste deur inperkings oraloor die vasteland geraak sal word.
“Stedelinge bestee die grootste deel van hul daaglikse inkomste op kos. Die armstes kan tot 60% hiervan op kos spandeer.”
Sy sê regerings moet daarop fokus om stapelvoedselkettings aan die gang te hou, wat in die informele gebiede van groot stede dikwels die straatmarkte is.
Haas skryf voedselhulp is welkom, maar nie volhoubaar oor die langtermyn nie, terwyl dit boonop kan lei tot samekomste van skares – wat pogings in die wiele ry om die verspreiding van Covid-19 te keer. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie