Honger knou ekonomie
’n Studie is van stapel gestuur om die ekonomiese impak van honger te ondersoek.
Augetto Graig - ’n Studie om die koste van honger in Afrika, en spesifiek Namibië te ondersoek, is Donderdag by die Safari Hotel van stapel gestuur.
Die studie is deel van ’n inisiatief in Afrika wat deur die Verenigde Nasies (VN) se Wêreldvoedselprogram (WFP), die Afrika-unie-kommissie (AUC), die New Partnership for Africa’s Development (Nepad), en die VN se ekonomiese kommissie vir Afrika gedryf word.
Die Nasionale Beplanningskommissie (NPC), van wie die adjunk- uitvoerende direkteur, mnr. Sylvester Mbangu, ook die hoof van die nasionale implementeringspan is, het die geleentheid moontlik gemaak.
Mbangu het veral op die verband tussen kinders se toegang tot voedsame kos en dwergisme gefokus.
Hy sê die koers van dwergisme onder Namibiese kinders het van 29% in 2006 tot 24% in 2013 gedaal.
Die studie sal in November vanjaar data oor die ekonomiese impak van honger insamel – veral soos dit in die eerste 1 000 dae van ’n kind se lewe toeneem.
Die Namibië Statistiekagentskap (NSA) sal die voortou met datainsameling neem.
Die ontleding van die inligting sal na verwagting teen die einde van die eerste kwartaal van 2020 beskikbaar wees. Dié hele proses het ander Afrikalande gemiddeld N$2,2 miljoen gekos.
Me. Annely Haiphene, uitvoerende direkteur van die NPC, sê: “Deur die koste van honger in Namibië te meet, sal dit ons help om die oorsaak en gevolge van wanvoeding te begryp, die sosioëkonomiese impak daarvan te verstaan, en die oorsake en gevolge daarvan in Namibië uit te skakel.”
Mnr. Baimankay Sankoh, die WFP se direkteur vir Namibië, het gesê die studie sal die impak van honger op ekonomiese ontwikkeling duidelik aantoon.
“Honger is nie net ’n leë maag nie, dit is ook ’n gevoel van ongemak, swakheid en die begeerte om te eet terwyl daar nie kos is nie,” het hy gesê.
Die studie is reeds in 17 Afrikalande voltooi en Namibië is een van vier wat dit vanjaar onderneem.
Sankoh sê vorige studies dui aan honger, veral onder klein kinders, lei tot laer produktiwiteit.
Hy sê die studies stel beleidmakers in staat om beter besluite te neem.
Deur vroeër op te tree, verhoed lande hoër mediese uitgawes later, sê hy.
Die VN se plaaslike koördineerder, me. Rachel Odede, sê wanvoeding in Afrika kos lande tussen 2% en 17% van hul BBP, terwyl ondervoeding tot 45% van alle sterftes tussen kinders onder vyf jaar veroorsaak, wat sowat drie miljoen lewens per jaar behels.
Me. Angelline Rudakubana, ’n Afrika-unie-verteenwoordiger, sê: “Honger kom teen ’n betekenisvolle ekonomiese koste.”
Me. Kefilwe Rhoba Moalosi, projekbestuurder, topdiplomate van verskeie lande en die minister van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, biskop Zephania Kameeta, het die geleentheid ook bygewoon.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie