Honger vir werk
Sowat ’n duisend hoopvolle aansoekers het gister by die Windhoek Sentrale Hospitaal opgedaag om ’n aanstelling in een van nege skoonmakerposte by die hospitaal los te slaan. Luidens die jongste syfers van die Namibië Statistiekagentskap (NSA) was meer as 364 000 mense in die arbeidsmag verlede jaar werkloos – die meeste van hulle jongmense tussen 20 en 24 jaar. Namibië se algehele werkloosheidskoers staan op 33,4%. Die werkloosheidskoers vir die jeug was verlede jaar 46%.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie