Hongersnood-pandemie dreig weens inperkings
Lande in Suider-Afrika, Namibië ingesluit, sal moet keer dat lewens wat deur Covid-19-inperkings gered is, nie in ‘n hongersnood-pandemie geëis word nie.
Elvira Hattingh – Hoewel die Covid-19-inperkings in Suider-Afrika nie voedselproduksie belemmer het nie, blyk dit dat hongersnood besig is om drasties toe te neem – veral in stedelike en dorpsgebiede.
Dit is omdat inperkings ekonomieë soveel geknou het dat kos vir talle onbekostigbaar geraak het nadat hulle hul inkomste verloor het. Terselfdertyd bedreig inperkingmaatreëls voedselsekuriteit verder omdat dit tot prysverhogings, werksverliese en ’n verlaagte toegang tot kos lei.
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se kwesbaarheidsassessering en -ontledingsprogram (RVAA) het vandeesweek ’n verdoemende ontleding uitgereik oor die kwesbaarheid van Suider-Afrika as dit by voedselsekuriteit kom.
Alhoewel die volle impak van die Covid-19-inperkings nog nie ten volle bereken kan word nie omdat die streek steeds “in die oog van die storm” verkeer, het die getalle mense wat ’n ernstige voedselnood in Suider-Afrika ervaar, reeds van 41,2 miljoen tot 44,8 miljoen aangegroei.
Akute wanvoeding sal na verwagting met 25% vir die res van 2020 tot in 2021 toeneem en veral kinders sal die slagoffers wees, word in die ontleding beweer.
Sowat 8,4 miljoen kinders in Suider-Afrika sal na verwagting nog vanjaar aan akute wanvoeding begin ly, met sowat 2,3 miljoen van hulle wie se lewens met mediese behandeling gered sal moet word.
Na verwagting sal hongersnood in dorps- en stedelike gebiede ’n hoogtepunt tussen November vanjaar en Januarie 2021 bereik.
NAMIBIËRS IN KRISIS
In die ontleding word gesê tot soveel as 345 000 Namibiërs het reeds in Oktober verlede jaar in ’n krisis verkeer as dit by voedselsekuriteit kom – ’n getal wat na verwagting drasties gaan groei as gevolg van die impak van die Covid-19-inperking.
In die ontleding word Namibië uitgesonder as ’n SADC-land wat vanjaar ’n uitsonderlike goeie mielie-oes gehad het – wat op ’n jaar-op-jaar verhoging van 180% neerkom.
Tog word enorme uitdagings plaaslik ervaar, wat insluit swak globale en plaaslike ekonomiese prestasie, droogte oor groot dele van die land, en inperking-verwante prysverhogings, werksverliese en verlaagde toegang tot kos en toelae.
In die verslag word gesê in Namibië het gevestigde maatskappye talle werkers afgelê en duisende het hul inkomste verloor.
KINDERS
Volgens die ontleding is voedselsekuriteit onder skoolgaande kinders in besonder weens die sluiting van skole en onderbreking in skoolvoedingsprogramme geraak.
Volgens ’n globale verslag op skoolvoeding deur die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram (WFP), word geraam dat tot 20,5 miljoen skoolkinders in SADC weens skoolsluitings nie toegang tot gesondheids- en voedingsdienste het nie.
“Die SADC-streek gaan reeds gebuk onder ’n driedubbele las van wanvoeding; kinders onder die ouderdom van vyf word baie swak gevoer, terwyl nege lande vertraagde groei van hoër as 30% onder kinders ervaar.
“In nog vyf lande, insluitend Namibië, staan dié syfer bo 5%,” lui die ontledingsverslag.
“Die sosioëkonomiese gevolge van COVID-19-inperkings in SADC-lande mag ongekend wees vanweë beperkte hulpbronne en gebreke in gesondheidstelsels in talle lidlande,” word in die verslag gesê.
GOEIE OESTE
Die pandemie het ’n minimale impak op die produksie van voedsel in die streek gehad, met mielie-oeste wat vanjaar na verwagting 8% hoër oor die groter streek sal wees, terwyl daar internasionaal ’n rekordproduksie van mielies, koring en rys was.
“Dit beteken graanpryse behoort gunstig te wees vir lande wat tekorte in die gesig staar – bygesê dat Covid-19-beperkings nie handel belemmer nie.”
In die verslag word Namibië uitgesonder dat dit vanjaar 33% meer mielies geoes het as die vyfjaargemiddeld. In Suid-Afrika word ’n 38% verbetering verwag.
“Alhoewel inperkings nie kosproduksie geraak het nie, het dit ’n reusebydrae gemaak tot reeds ernstige armoede in die streek, wat mense se vermoë beïnvloed om kos te koop, asook regerings se vermoë om kos te koop en te vervoer,” lui die verslag.
EKONOMIEË
Selfs voor die pandemie was groeivooruitsigte vir Suider-Afrika se ekonomieë beperk. Sedert Junie staar SADC-ekonomieë ’n steil afname in die gesig wat “die vooruitgang in ontwikkeling van die afgelope jare ongedaan kan maak,” lui die analise.
“Die SADC-streek sal na verwagting swakker as die res van Afrika vaar, hoofsaaklik omdat Suid-Afrika se ekonomie met tot 8% kan inkrimp weens streng beheermaatreëls wat hul ekonomie onder enorme druk plaas.
Volgens die verslag sal die ineenstorting van ekonomieë as gevolg van inperkings werkloosheidsyfers die hoogte laat inskiet en die grootste impak op lae-inkomstehuishoudings hê.
“Grenssluitings het die toerismebedryf tot stilstand geruk terwyl verskeie besighede weens die inperkings in duie gestort het. Verskeie lande moet ongekende vlakke van openbare skuld en fiskale tekorte die hoof bied.
“Daar is hoop dat die pandemie teen September sy hoogtepunt in die streek sal bereik en dat ekonomieë beter in die laaste kwartaal sal vaar, maar enige volgehoue herstel sal jare neem,” word in die verslag gesê.
Verder is kommer uitgespreek dat Suider-Afrika reeds ’n stryd teen talle ander siekte-pandemies voer, waarvan sommige opnuut so onlangs as 2019 uitgebreek het. Dit sluit in MIV, Ebola, masels, polio, malaria, cholera en tuberkulose.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie