Hongkong: Betogers eis nou leier se kop

Betogers in Hongkong dring daarop aan dat die beplande uitleweringswetsontwerp, wat op ys geplaas is deur owerhede, heeltemal geskrap word.

Duisende mense het weer gister die strate van Hongkong ingevaar en geëis dat die stad se leier haar bedanking indien. Die vereiste kom slegs ’n dag nadat Carrie Lam, Hongkong se uitvoerende leier, aangekondig het dat die beplande wetsontwerp vir eers uitgestel word.

Die omstrede wetsontwerp oor die uitlewering van verdagtes aan China het tot uitgebreide betogings gelei wat ’n week gelede begin het. Dit was van die gewelddadigste optogte in dekades in die gebied en word as een van die grootste en kenmerkende politieke gebeure in China sedert 1997 beskou.

Die organiseerders van gister se betoging het gehoop dat meer as ’n miljoen mense sou opdaag – amper soveel soos die geskatte hoeveelheid betogers by die vorige Sondag se betoging.

Die betogers dring daarop aan dat die wetsontwerp heeltemal van die tafel gevee word.

“Indien Lam weier om die omstrede wetsontwerp heeltemal te skrap gaan ons nie terugtree nie. As sy aanbly, bly ons ook staan,” sê Claudia Mo, prodemokratiese wetgewer.

’n Gewelddadige uitval Woensdag tussen die betogers en die polisie het die wêreld se oë op die stad gerig.

Volgens bronne het sommige magnate in Hongkong reeds hul persoonlike rekeninge oorsee begin skuif weens kommer oor die beplande wetgewing. Kritici waarsku dat sulke aksies die stad se finansiële status stadig maar seker kan verwoes.

Intussen is Lam se ommekeer in haar besluit rakende die beplande wetgewing deur sakegroepe en oorsese regerings geloof.

“AmCham is verlig dat die regering besluit het om die uitleweringswetsontwerp te skrap en gehoor te gee aan die mense van Hongkong en die internasionale sakegemeenskap se besware,” sê Tara Joseph, president van die Amerikaanse sakekamer in Hongkong.

Jeremy Hunt, minister van buitelandse sake in die Verenigde Koninkryk, verwelkom die besluit op Twitter.

“Knap gedaan aan die Hongkongse regering wat aandag geskenk het aan die besware van die dapper inwoners wat vir hul menseregte opgestaan het,” twiet hy.

Van China se voorste koerante het gister die “anti-China-voorstanders” ten sterkste veroordeel.

“Sekere mense in Hongkong maak staat op buitelanders of jong mense om hulself op te bou en dien dus as pionne en handlangers van die anti-China-magte,” skryf die heersende Kommunistiese Party in ’n rubriek in sy amptelike koerant, die People’s Daily.

Verlede week se betogings in Hongkong is die grootste wat die stad gesien het sedert mense in 1989 in opstand gekom het teen die bloedige onderdrukking van prodemokratiese betogings op Beijing se Tiananmen-plein.

Die owerhede het bevestig dat 72 mense is ná Woensdag se betoging in hospitale opgeneem.
- Netwerk24/News24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!