Hongkong laat vaar wetsontwerp
Hongkong laat vaar wetsontwerp

Hongkong laat vaar wetsontwerp

Lam het aangekondig daar is geen plan om die wetsontwerp weer ter tafel te lê nie.
Carrie Lam, leier van Hongkong, het Dinsdag aangekondig dat sy die voorgestelde wetgewing wat sou toelaat dat misdadigers aan China uitgelewer word laat vaar.

Sy sê die regering het heeltemal met dié wetsontwerp gefaal, nadat inwoners in hul massas die afgelope weke teen die voorgestelde wet betoog het.

Lam het nadat die betogings gewelddadig geraak het, aanvanklik gesê dat sy die uitleweringswetsontwerp sal “bêre” omdat dit “angs, kommer en meningsverskille” ontlok het. Sy het onderneem om nie met die wetsontwerp voort te gaan totdat die vrees en onsekerhede nie behoorlik aandag kry nie.

Dít het egter net olie op die vuur gegooi en die betogings het voortgeduur.

Lam het aangekondig daar is geen plan om die wetsontwerp weer ter tafel te lê nie.

Betogers dring steeds aan dat Lam moet bedank en vra dat daar 'n onafhanklike ondersoek na die polisie se optrede teen betogers moet wees. Betogers dring ook aan dat die regering nie hul betogings op 12 Junie as “onluste” moet beskryf nie.

Die polisie en die betogers het mekaar die afgelope weke gereeld gepak, terwyl die betogers ook die polisiehoofkwartier bestorm het.

– Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!