Hongkong open grense vir Namibiese vleis
Elvira Hattingh
Uitvoere van bees- en skaapvleis van Namibië na Hongkong sal begin sodra Meatco ooreenkomste met geskikte markte gesluit het.
Dr. Milton Maseke, Namibië se hoofveeartsenybeampte, het gister bekend gemaak dat die veeartseny-owerhede in Hongkong die Namibiese gesondheidsertifikaat vir vleisinvoere aanvaar het en sodoende ’n nuwe mark vir Namibiese vleis geopen het.
“Hongkong val onder ’n aparte administrasie van China wat die bestuur van dieregesondheid betref. Meatco se slagplase in beide Windhoek en Okahandja is goedgekeur om na Hongkong uit te kan voer en die instansie moet voorts vir invoersertifikate na spesifieke markte aansoek doen,” het Maseke gesê.
Namibië produseer jaarliks sowat 60 000 metrieke ton vleis, waarvan bykans ’n derde na Suid-Afrika en Europa uitgevoer word.
“Hongkong is ’n groot mark en die vraag hier is selfs groter as die totale hoeveelheid vleis wat ons jaarliks produseer. Ons sal egter op nismarkte fokus. Ons is verseker daarvan dat ons vleis van goeie gehalte is en die vraag daarna is groot,” het Maseke gesê.
Hy het verder gesê verhoogde produksie is nodig sodat Namibië in die vraag na ons vleis kan voldoen.
Namibië is tans ook besig met ’n registrasieproses vir lisensies sodat beesvleis ook na China uitgevoer sal kan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie