Hongkong se polisie reg vir verdere betogings
Hongkong se polisie reg vir verdere betogings

Hongkong se polisie reg vir verdere betogings

Die polisie in Hongkong het hulle Donderdagoggend reggemaak vir verdere betogings in die stad se finansiële distrik oor die omstrede uitleweringswetsontwerp.

Die BBC berig dat die skare betogers teen Donderdagoggend minder was. Dit kom nadat die betogers en die polisie oornag slaags geraak het, en minstens twee ernstig beseerde mense in hospitale opgeneem is en 79 ander ook beseer is.

Volgens CNN is 5 000 polisielede Woensdag ontplooi toe die betogers die strate versper het. Traanrook, pepersproei en rubberkoeëls is afgevuur.

Die konfrontasie het tot in die oggendure voortgeduur.

Die grootskaalse betogings wat Sondag begin het, gaan oor ’n omstrede wetsontwerp oor die uitlewering van verdagtes aan China.

Die polisie is weer in groot getalle by die plaaslike wetgewer ontplooi, hoewel dit nog onseker is of daar Donderdag oor die wetsontwerp gestem gaan word.

Die stemmery is Woensdag weens die betogings voor die kantoor van Hongkong se uitvoerende leier, Carrie Lam, wat die wetsontwerp steun, uitgestel.

Diegene wat ten gunste van die voorgestelde wetgewing is, meen dit sal voorkom dat Hongkong ’n toevlugsoord vir misdadigers word.

Kritici meen egter dat indien die wet goedgekeur word, sal die regering in Beijing dit inspan om sy politieke teenstanders uitgelewer te kry aan China, waar hul regte nie gewaarborg is nie, berig The Guardian.

Lam het Woensdag op ’n mediakonferensie aantygings ontken dat sy Hongkong uitverkoop. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!