Hongkong wil eiland vir behuising bou
Elvira Wood - Die behuisingstekort in Hongkong is nou so groot dat die owerhede beplan om ’n kunsmatige eiland te skep waarop blyplekke gebou sal kan word.
Hongkong is in die 11de plek op Business Insider se lys van die 18 duurste stede ter wêreld om in te woon.
Financial Times berig Carrie Lam, Hongkong se regeringshoof, het Woensdagoggend in haar beleidsrede onthul daar word beplan om ’n eiland te skep waarop tot 400 000 wooneenhede gebou sal kan word. Die regering beplan om 1 700 ha grond oos van Lantau-eiland te herwin. Na verwagting sal tussen 700 000 en 1 miljoen mense oor die volgende twee tot drie dekades dié eiland hul tuiste kan maak.
TOEKOMSVISIEPROJEK
Werk aan die Lantau-toekomsvisieprojek gaan egter na verwagting eers in 2025 begin. Die eerste huise sal waarskynlik teen 2032 voltooi wees.
Volgens Demographia se jaarlikse peiling oor die bekostigbaarheid van behuising vir middelklas-huishoudings, is huise in Hongkong die mins bekostigbare vir dié groep. Die Financial Times het in Julie verlede jaar berig die gemiddelde prys van ’n nuwe huis in Hongkong beloop sowat US$1,8 miljoen (sowat R26 miljoen teen die huidige wisselkoers).
Die gemiddelde grootte van ’n woonplek in Hongkong is volgens dié publikasie slegs 57 m². Eenhede wat ’n skamele 12 m² beslaan word vir US$191 000 (sowat R3 miljoen) verkoop.
Dit sal nie die eerste keer wees dat kunsmatige eilande vir behuisingsdoeleindes gebou word nie. Dubai is bekend vir soortgelyke eilande – waarvan een in die vorm van ’n palmboom gebou is.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie