Hoof van lugredery aangehou oor vliegtuigramp
Hoof van lugredery aangehou oor vliegtuigramp

Hoof van lugredery aangehou oor vliegtuigramp

Die vliegongeluk in Colombia waarin 71 mense gesterf het, het growwe nalatigheid van amptenare van die betrokke lugredery aan die lig gebring.
Estelle de Bruyn
Boliviaanse amptenare het die hoof van die Lamia-lugredery Dinsdag in hegtenis geneem ná die lugramp in Colombië waarin die meeste lede van die Brasiliaanse Chapecoense Real-sokkerspan, amptenare en ander op 29 November dood is.

Gustavo Vargas, direkteur-generaal van die Boliviaanse vliegtuigverhuringsmaatskappy, is die eerste persoon wat aangekeer is ná ''n ondersoek na die ongeluk wat die lewe van 71 mense geëis het. Die vliegtuig het by Medellin in Colombië neergestort toe die brandstof opgeraak het.

Die staatsaanklaer, Ivan Quintanilla, sê lasbriewe vir die inhegtenisneming van nog vyf mense, insluitende ''n werktuigkundige en ''n sekretaresse van die redery, is uitgereik.

Ondersoekbeamptes het ook as deel van die ondersoek dokumente van Lamia se kantore verwyder.

Ondertussen is berig ''n senior lugvaartbeampte, wat toestemming vir die vlug gegee het, Celia Castedo, het landuit gevlug en in Brasilië aansoek om asiel gedoen. - Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer