Hoof van perseelprojekte by Standard Bank
Frank Puriza is as Standard Bank Namibia se nuwe hoof van perseelprojekte aangestel. As sodanig bestuur hy die begrotings en konstruksie van alle nuwe takke van dié bank landwyd. Puriza beskik oor ''n B.Sc-graad in konstruksiebestuur van die Utah Valley University in Amerika en het in San Diego gewerk voordat hy in 2012 na Namibië teruggekeer het. Plaaslik het hy voorheen by Emcon Consulting Engineers gewerk.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie