Hoofman (95) met onwettige velle uit op borgtog
Hoofman (95) met onwettige velle uit op borgtog

Hoofman (95) met onwettige velle uit op borgtog

Francoise Steynberg
Die 95-jarige hoofman van die Mashare-nedersetting wat Maandag in verband met die onwettige besit van wildprodukte in hegtenis geneem is, is Woensdag in die landdroshof op Rundu op borgtog van N$500 vrygelaat.

Mnr. Poullus Harupe Kaputungu is Maandagmiddag by sy nedersetting met die velle van een krokodil, twee otters en drie luislange in in sy besit gevind. Die waarde van die wildprodukte is onbekend. Hy het op ‘n klag van die Wet op Beheerde Wildprodukte en Handel van 2008 verskyn.

Landdros Vivian Ndlovu het die saak vir verdere ondersoek en vir die hoofman om regshulp te bekom, tot 4 Januarie 2018 uitgestel.

Mashare is sowat 45 km oos van Rundu in die Kavango-Oosstreek geleë. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!