Hoofman Hendriks begrawe
Hoofman Hendriks begrawe

Hoofman Hendriks begrawe

Hoofman Johannes Isaak Hendriks van die ‡Aodaman- Tradisionele Raad is op 1 Maart oorlede. Hy was die afgelope 49 jaar in verskeie Damara-leierskapsposisies.

Vir die afgelope 19 jaar was hy die ‡Aodaman- Tradisionele Raad se senior hoofman. Van 1980 tot 1989 was hy die Damara- Verteenwoordigende Owerheid se tesourier.

Hendriks was ook ’n afgevaardigde na Lusaka in Zambië vir vooronafhanklikheidsgesprekke, wat oudpres. Kenneth Kaunda gelei het.

Later het hy lid van die Namibia National Front (NNF) en die United Democratic Front (UDF) geword en het oor ’n landboudiploma beskik.

Hy het 'n kritieke rol in landbou- en omgewingshervorming in die sentrale en westelike dele van Namibië gespeel.

Hendriks is verlede Saterdag op Fransfontein begrawe.

Hy laat een suster en een broer, sowel as 20 kinders, 77 kleinkinders en 59 agterkleinkinders agter.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!