Hoofstad hou weer karnaval
Hoofstad hou weer karnaval

Hoofstad hou weer karnaval

Tanja Bause
Tanja Bause - Die jaarlikse Windhoek-karnaval, Wika, het Saterdag afgeskop. Die 67ste karnaval, met die tema “Wika Konfetti. Alles Paletti”, sal op 14 April met die Kehraus ten einde loop.

Eerskomende Saterdag is die gewilde Umzug deur Windhoek se hoofstraat, met die Prinzenball op Vrydag, waartydens die nuwe prins en prinses aangekondig sal word.

Die Juka, of jeugkarnaval, sal ook Saterdag plaasvind en die KiKaWi, of kinderkarnaval, Sondag.

Die HeDaMa, of mans- en damesaand vind Woensdag 10 April plaas.

Die twee internasionale aande vind Donderdag en Vrydag plaas en die Duitse aand, of Prunksitzung, sal Saterdagaand by die SKW in Windhoek plaasvind.

Besoek www.wika.na of Wika se Facebook-bladsy vir meer inligting.

Kaartjies is by www.webtickets.com.na of by enige Pick n Pay beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!