Hoofstad-nedersetters kry okkupasiereg
Gesub
Augetto Graig - Inwoners van onbeplande informele nedersettings in die hoofstad kan nou vir die eerste keer amptelike okkupasiereg kry.
Windhoek se munisipaliteit (CoW) het Woensdag in ’n buitengewone vergadering die uitreiking van sertifikate en die aangaan van huurkontrakte met inwoners goedgekeur.
Dié tydelike erkenning van besetting in sekere gebiede is bedoel om inwoners die gerusstelling te gee dat hulle deel van stedelike ontwikkeling is.
Deur middel van minimale huurbedrae word hulle ook teen uitsetting beskerm.
CoW is van plan om teen Maart vanjaar sertifikate in Onyika en Freedom Land B te begin uitdeel, en inwoners terselfdertyd in kennis te stel van gebiede wat nie geskik vir besetting is nie.
Me. Fransina Kahungu, die hoofstad se burgemeester, het gemeenskapsleiers en inwoners wat met busse na Windhoek se stadsaal aangery is, tydens die vergadering verwelkom en daaraan herinner dat regte met pligte gepaardgaan.
“Vir enige grond in Namibië wat jy beset, word iets van jou terugverwag. Die herlewing van betaalde huurkontrakte noodsaak dit dat inwoners aan hul burgerlike verantwoordelikhede herinner moet word.
“Die doel is om mense wat lank swaargekry het, van grond te verskaf. Ons praat hier van bewoning, ons sal nog sien hoe ons voorsiening vir besighede sal maak,” het sy gesê.
Volgens die burgemeester hét die betrokke inwoners geld, en is hulle tevrede daarmee om huur te betaal.
“Die mense het geld, maar die munisipaliteit verskaf nie dienste aan hulle nie,” sê sy.
Huurfooie sal glo afhang van die grootte van die sinkhuis, die grootte van die stuk grond waarop die struktuur aangebring is, en die aard van dienste wat verskaf word.
Ander voorwaardes vir die toekenning van okkupasiereg sluit in dat net een woonplek per persoon geld, en dat die informele strukture minstens vyf meter uitmekaar is.
Die nuwe stelsel verbied die oprigting van nuwe strukture in nedersettings wat nie as ontvangsgebiede geïdentifiseer is nie, en maak voorsiening vir die verskuiwing van inwoners wie se huise op gevaarlike plekke geleë is.
Okkupasiesertifikate spruit voort uit die regering se aanpasbare okkupasieregstelsel soos volgens wet vervat, sê me. Lydia Amutenya, CoW-woordvoerder.
Sy sê in teikengebiede is reeds met gemeenskappe beraadslaag.
Die nuwe stelsel gee erkenning aan inwoners, en maak dit moontlik om formeel te registreer sodat hulle eendag hul eie stukkie Windhoek kan besit, sê Amutenya.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie