Hoofstad se waglys vorder
Hoofstad se waglys vorder

Hoofstad se waglys vorder

Die Windhoekse munisipaliteit het reeds byna 17 000 name op 'n elektroniese waglys oorge­plaas.
Augetto Graig
Augetto Graig



Die Windhoek-stadsraad het verlede week terugvoering ontvang oor die waglys vir lae-inkomstegesinne wat vir grond en behuising in die hoofstad aansoek gedoen het.

Die waglys bestaan uit raadsbesluite van 1999 en 2010 wat die regulasies uitstippel vir die voorsiening van grond en behuising in onder meer Katutura, Wanaheda, Okuryangava, Goreangab, Hakahana, Havana en Otjomuise.

Aansoekers is opgedeel in families wat nog nooit eiendom besit het nie, grond wil koop en tussen N$3 000 en N$8 000 'n maand verdien (10 241); diegene wat minder as N$3 000 verdien en grond vir vyf jaar by die stad wil huur met die opsie om te koop (6 121); inwoners wat minder as N$3 000 verdien en deel is van spaargroepe (10 004); asook gestremde inwoners wat vir grond aansoek doen (144).

In 2014 is nog aansoeke van inwoners ontvang wat voordeel uit die regering se Massiewe Stedelike Gronddiensprojek (MULSP) wou trek (26 521).

Altesaam 40 580 name is tans op dié munisipale waglyste.

Intussen het die Windhoek-munisipaliteit sy eie bekostigbare inisiatief begin om behuising aan inwoners te verskaf.



VOORSTEL GOEDGEKEUR

'n Voorstel waar aansoekers op die MULSP se lys verdeel word, dié wat minder as N$8 000 verdien op die grondwaglys geplaas word, terwyl dié wat meer verdien op die lys van begunstigdes vir bekostigbare munisipale behuising gevoeg word, is by die stadsraadvergadering op 28 Oktober goedgekeur.

Intussen vorder die munisipaliteit met die opstel van 'n elektroniese databasis van die waglyste wat aan die publiek openbaar gemaak sal word, en toelaat dat veranderinge aan enige lys opgevolg kan word.

Teen verlede week is reeds 16 794 name op die nuwe databasis opgelaai.

Die konsep van een persoon op een waglys word toegepas; dus mag geen persoon op meer as een lys, of sy naam nie meer as een keer verskyn nie.

Tydens die vergadering is die voorstel ook goedgekeur dat die inwoners van Windhoek die waglyste ná die publikasie op die stadsraad se webwerf kan opdateer en bykomende inligting verskaf as dit benodig word.

Inwoners sal ook beswaar teen die lyste kan opper, veral as mense reeds eiendom besit of in Windhoek grond huur.

Geen datum is verskaf wanneer die waglyste openbaar gemaak sal word nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!