Hoofstad sukkel met waterbesparings
Waterbesparings is noodsaaklik omdat ondergrondse water tans op onvolhoubare vlakke gebruik moet word.
Elvira Hattingh - Alhoewel Windhoekers verlede week se waterbesparingsteiken met net 1% gemis het, kon die hoofstad sedert 14 Januarie vanjaar nog nie daarin slaag om genoeg water te bespaar nie.
Inteendeel, sedert dié datum is daar weekliks gemiddeld 9% méér water gebruik as wat besparingsteikens toelaat. Terselfdertyd gebruik stadsbewoners tans sowat 6% meer water as tydens dieselfde tyd verlede jaar.
Die munisipale woordvoerder, me. Lydia Amutenya, het vroeër vandeesweek gesê dat Windhoek “effense vordering met waterbesparings” in die laaste week van Mei gemaak het, toe sowat 469 809,33 m³ water gebruik is.
Die weeklikse teiken, met die verpligte 15%-besparing ingereken, staan tans op sowat 465 000 m³. Tussen 20 en 27 Mei is 510 675,24 m3 gebruik (10% bo die besparingsteiken) en voor dit, tussen 13 en 20 Mei, 497 332,69 m³ (7% bo die besparingsteiken).
Amutenya het herhaal dat daar vanaf 1 Mei van die hoofstaad verwag word dat die nuwe besparingsteiken van 15% bereik sal word en dat waterbeperkings, soos uiteengesit in die waterbestuursplan se Kategorie D vir ‘n ernstige waterskaarshied, vanaf 1 Julie sal geld.
Volgens data wat deur die munisipaliteit bygehou word, het die boorgate in die Windhoek-akwifer tydens Mei tussen 34% en 36% van die stad se water voorsien, terwyl 23% tot 27% van gesuiwerde rioolwater gekom het. NamWater het in 38% tot 40% van die vraag na water voorsien.
Die inligting dui ook aan dat boorgate wat water aan die sentrale reservoir lewer, in die laaste week van Mei ‘n bydrae van 88 537,68 m³ gemaak het. Altesaam 78 864,24 m³ water is toe uit boorgate onttrek wat water aan die High Sam-reservoir lewer. Boorgate wat water aan Pionierspark se reservoir voorsien, het 16 852,08 m³ gelewer het.
Windhoekers gebruik ook sowat 30 000 m³ gedeeltelik gesuiwerde water per week vir onder meer konstruksiewerk, asook om sportvelde nat te lei.
NamWater se bestuurder van hidrologie, mnr. André Mostert, het verlede maand tydens ‘n openbare forum vir rolspelers in die watersektor gesê waterbesparings is noodsaaklik omdat ondergrondse water tans op onvolhoubare vlakke gebruik moet word om Windhoek van water te voorsien.
Veral die Windhoek-akwifer word tans straf gebruik.
Hy het gesê selfs mét 15% waterbesparings en die onvolhoubare “myn” van ondergrondse waterbronne, het Windhoek slegs genoeg water om twee reënseisoene te oorbrug.
Dit beteken die Von Bachdam kan teen Mei 2021 droogloop, oftewel dooieberging bereik, terwyl die Swakoppoortdam, wat ook vir Windhoek van water voorsien, ‘n maand later dié punt kan bereik.
Hy het gesê die stad sal drie reënseisoene kan oorbrug indien Windhoekers 30% water bespaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie