Hooggeregshof sluit Itula-saak af
Denver Kisting – Die hooggeregshof het Woensdag by monde van sy griffier, me. Elsie Schickerling, gesê dr. Panduleni Itula het die einde van sy regspad bereik.
Dit kom nadat die eertydse onafhanklike presidensiële kandidaat hom opnuut tot dié hof probeer wend het.
Itula was nie tevrede met die uitspraak van verlede maand waarin die hof toegegee het die gebruik van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) sonder ’n naspeurbare papierspoor was ongrondwetlik, maar nie ’n herverkiesing gelas het nie.
Schickerling sê die hof se uitspraak is finaal en bindend.
Mnr. Ockert Jansen, woordvoerder van die regbank, het intussen die inhoud van die brief bevestig.
Itula het by navraag gesê dit is die eerste woord wat hy hiervan hoor.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie