Hoogste dagkoers in nuwe Covid-gevalle
Hoogste dagkoers in nuwe Covid-gevalle

Hoogste dagkoers in nuwe Covid-gevalle

Windhoek kort nog 300 beddens vir isolasiepasiënte.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Sedert Vrydag het Namibië die hoogste daaglikse koers van nuwe Covid-19-gevalle per be¬volking in Afrika. Namibië staan op ’n gemiddeld van agt gevalle per 100 000 inwoners per dag, teenoor buurland Suid-Afrika se gemiddeld van sewe gevalle per 100 000 inwoners per dag.
Teen gister was Suid-Afrika vyfde ter wêreld en die enigste Afrikaland in die toptien vir meeste infekterings, met 607 045. Uit die 15 lande met die hoogste sterftesyfers is Suid-Afrika nr. 13, met 12 987 sterftes. Ook hier is die buurland die enigste uit Afrika. Uit die meer as 600 000 gevalle in Suid-Afrika het 504 127 mense herstel.
Afrika het teen druktyd meer as 1,1 miljoen bevestigde gevalle gehad, waarvan 888 000 herstel het. Die sterftesyfer staan op 27 000.
Die sentrum vir siektebeheer (CDC) se direkteur vir Namibië, dr. Eric Dziuban, sê die syfers kan deels toegeskryf word aan die feit dat Namibië as land met ’n klein bevolking baie hard deur die grootte van uitbrekings in Walvisbaai, Swakopmund en nou ook Windhoek getref is.

VERDUBBEL IN NET 2 WEKE
Namibië het Vrydag en Saterdag 626 nuwe Covid-19-gevalle aangeteken, waarvan 349 in die nuwe episentrum Windhoek was. Vrydag is ’n rekordgetal van 315 aangeteken – die hoogste sedert die uitbreking van die pandemie in die land. Uit die nuwe gevalle was 110 in Walvisbaai en 20 in Swakopmund. Vyf sterftes is oor dié twee dae aangemeld.
Volgens Dziuban is die welkome nuus dat dié syfers ’n goeie weerspieëling is van gevalle wat opgespoor word, asook van toetsing in die land. Oor die betrokke twee dae is 3 068 weefselmonsters getoets.
Sou gevalle nie gou geïdentifiseer en getoets word nie, sê Dziuban, sou sulke mense veel meer versteek wees en meer skade kon veroorsaak.
Hy het beklemtoon die skerp styging is ’n wekroep vir alle Namibiërs om die virus nog meer ernstig op te neem, om die koers van die pandemie in die land te verander.
Sowat die helfte van Namibië se huidige bevestigde gevalle van 5 538 is die afgelope twee weke aangeteken. Uit die naweek se nuwe gevalle was 19 gesondheidswerkers, met 16 in die Khomasstreek. Tot op hede het 185 gesondheidswerkers positief getoets.
Intussen het die goewerneur van die Khomasstreek, me. Laura McLeod-Katjirua, gesê die streek sal meer gesondheidswerkers ontplooi en ook toetsing verhoog. Teen druktyd is 1 876 gevalle en 18 sterftes in die hoofstad aangeteken.
Volgens die goewerneur was 115 mense Vrydag in isolasie in Windhoek en 200 in kwarantyn.
McLeod-Katjirua sê verskeie isolasiegeriewe gebaseer by hospitale is in die streek geïdentifiseer, wat ’n bedkapasiteit van 79 het. Drie private isolasiegeriewe is ook geïdentifiseer met die aantal beskikbare beddens wat deur die Rooms-Katolieke Hospitaal, MediClinic en die Lady Pohamba Private Hospitaal bepaal moet word.
Tans is sewe isolasiegeriewe beskikbaar wat nie by ’n hospitaal is nie en wat ’n kapasiteit van 134 beddens het, terwyl samesprekings aan die gang is om nog drie geriewe met ’n kapasiteit van 68 beddens te gebruik. McLeod-Katjirua sê daar is egter steeds ’n behoefte vir nog 300 beddens.
Tans is daar 28 kwarantyngeriewe met ’n kapasiteit van ongeveer 400 beddens en wat daaglikse maaltye en verblyf verskaf.
Twee skuilings vir haweloses is ook in die streek geïdentifiseer, naamlik die Katutura Jeugsentrum en die Khomasdal-stadion waar onderskeidelik 311 en 180 mense tydelik gehuisves word vir ’n gesamentlike totaal van 419 mense in skuilings.
Volgens MacLeod-Katjirua is die Khomas-streekraad en die Windhoekse munisipaliteit tans besig om ’n plan vir digsbevolkte informele nedersettings te formuleer, wat dringend geïmplementeer moet word om die verspreiding van Covid-19 te bestuur. Die riglyne van die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling word hierin gevolg.
- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 26° Rundu: 9° | 26° Eenhana: 12° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 23° Omaruru: 13° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 18° | 28° Wind speed: 53km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:16, High tide: 07:21, Low Tide: 02:00, High tide: 19:54 Swakopmund: 18° | 22° Wind speed: 49km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:19, Low Tide: 02:00, High tide: 19:52 Walvis Bay: 21° | 26° Wind speed: 48km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:18, Low Tide: 02:00, High tide: 19:51 Rehoboth: 8° | 22° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 11° | 23° Aranos: 10° | 23° Lüderitz: 21° | 31° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 19° | 30° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 21° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 19° Maseru: 5° | 16° Antananarivo: 7° | 19° Lilongwe: 13° | 25° Maputo: 15° | 24° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 17° | 27° Durban: 14° | 22° Johannesburg: 9° | 16° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 12° | 23° Harare: 11° | 19° Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.33 | RUB to NAD 0.22 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1498.36 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1781.79 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13356.07 Down -0.4% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27500.56 Up +0.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9323.23 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 324.42/OZ UP +1.13% | Copper US$ 4.34/lb DOWN -0.0056 | Zinc US$ 2 961.50/T UP 0.46% | Brent Crude Oil US$ 85.86/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 985.69/OZ DOWN -0.0226 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 26° Rundu: 9° | 26° Eenhana: 12° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 23° Omaruru: 13° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 18° | 28° Wind speed: 53km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:16, High tide: 07:21, Low Tide: 02:00, High tide: 19:54 Swakopmund: 18° | 22° Wind speed: 49km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:19, Low Tide: 02:00, High tide: 19:52 Walvis Bay: 21° | 26° Wind speed: 48km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:18, Low Tide: 02:00, High tide: 19:51 Rehoboth: 8° | 22° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 11° | 23° Aranos: 10° | 23° Lüderitz: 21° | 31° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 19° | 30° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 21° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 19° Maseru: 5° | 16° Antananarivo: 7° | 19° Lilongwe: 13° | 25° Maputo: 15° | 24° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 17° | 27° Durban: 14° | 22° Johannesburg: 9° | 16° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 12° | 23° Harare: 11° | 19° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.33 | RUB to NAD 0.22 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1498.36 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1781.79 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13356.07 Down -0.4% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27500.56 Up +0.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9323.23 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 324.42/OZ UP +1.13% | Copper US$ 4.34/lb DOWN -0.0056 | Zinc US$ 2 961.50/T UP 0.46% | Brent Crude Oil US$ 85.86/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 985.69/OZ DOWN -0.0226