Hoogste lof vir Namibiu00ebr by US
Hoogste lof vir Namibiu00ebr by US

Hoogste lof vir Namibiër by US

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die 21-jarige Jacqueline Kazmaier, ’n gebore Namibiër, het verlede week tydens die Universiteit Stellenbosch se gradeplegtigheid die hoogste akademiese toekenning ingepalm.

Sy het gedurende haar vier jaar van studies vir ’n BIng-graad in bedryfsingenieurswese ’n gemiddeld van 89,7% gehandhaaf en is daarvoor met die kanseliersmedalje bekroon.

Dit is die hoogste lof wat die universiteit jaarliks betoon aan ’n finalejaar- of nagraadse student wat uitmuntend presteer het.

Jacqueline is die dogter van mnr. Peter Kazmaier, voormalige uitvoerende hoof van Agra, en me. Sylvia Kaschik van Kaapstad.

Republikein het gister telefonies met haar in Durban gesels waar sy gereed maak om saam met haar kêrel en sy ouers in Mosambiek te gaan vakansie hou.

Sy het van kleins af akademies goed presteer – soveel so dat sy ’n jaar oorgeslaan het en van graad 7 direk na graad 9 bevorder is. In 2013 het sy graad 12 met nege onderskeidings aan die Duitse skool in Kaapstad geslaag.

Hoewel sy in 2003 saam met haar ma Kaap toe getrek het, het sy en haar suster, Angelina, gereeld in Windhoek kom vakansie hou. Angelina presteer net so goed en studeer in kommunikasiekunde in Israel, vertel Jacqueline.

Moet nie dink dié slimkop sit heeltyd met haar neus in die boeke nie. “Ek glo daaraan om slim te studeer en nie noodwendig hard te studeer nie. Daarom glo ek dit is baie belangrik om tydens lesings aandag te gee en te fokus.”

Sy het ook ’n besige buitemuurse program en ry graag branderplank, pak staptogte in en om Kaapstad aan en speel vlugbal. “Dit is vir my belangrik om nie net te studeer nie, maar om ook pret te hê. ’n Mens moet ’n balans handhaaf. Ek het agtergekom dat ek beter presteer as ek ná my klasse en oor naweke goed doen wat vir my lekker is,” sê Jacqueline.

Sy dien saam met ander Namibiese studente op die bestuur van die Duitse Karnavalvereniging op Stellenbosch en help om jaarliks die karnaval in Matieland aan te bied. In haar tweede- en derdejaar het sy ook aan die Sêr-sangkompetisie deelgeneem.

Jacqueline pak aanstaande jaar haar meestergraad by die US aan en gaan ook na München in Duitsland vir ’n nagraadse uitruilprogram van ses maande.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!