Hoogste Nasa-eer vir Japie
Hoogste Nasa-eer vir Japie

Hoogste Nasa-eer vir Japie

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Met 33 jaar van diens by Nasa se Straalaandrywingslaboratorium (JPL) by die Kalifornië Instituut vir Tegnologie (Caltech) en 20 suksesvolle ruimtesendings agter die blad, is Namibië se dr. Japie van Zyl verlede week met dié ruimte-administrasie se hoogste toekenning vereer.

Hy het Woensdag die Nasa-medalje vir uitmuntende openbare diens by die Goddard-ruimtesentrum naby Washington D.C. ontvang. Dit plaas hom in dieselfde liga as die ruimtevaarders Neil Armstrong, Buzz Aldrin en Michael Collins wat ook met dié uitgelese medalje vir hul deelname aan die suksesvolle maanlanding 50 jaar gelede vereer is.

Dit is volgens Nasa die hoogste vorm van erkenning aan “’n werknemer van die Amerikaanse regering wat deur sy of haar werk ’n diepgaande en onuitwisbare impak op sendingsukses gehad het en die VSA se belange daardeur bevorder het”.

Die 62-jarige Van Zyl het in Maart as direkteur van sonnestelselverkenning by die JPL afgetree en is nou die uitvoerende hoof van Hydrosat, ’n privaat maatskappy wat hy saam met ander vennote begin het.

“Ons beplan om satelliete te lanseer waarmee ons die waterbehoeftes van plante kan bepaal. Op dié inligting kan die mensdom 20% water bespaar, terwyl hy dit regkry om 40% meer voedsel te produseer,” het hy in ’n WhatsApp-boodskap verduidelik.

Wanneer Nasa in Junie volgende jaar die Mars 2020-sending lanseer, sal Van Zyl opnuut in die wêreld se oë wees. Dit is aangesien die Mars-verkenningshelikopter wat saam met hierdie sending na die Rooi Planeet gaan, sy breinkind is.

Van Zyl het hom in 1986 by die JPL aangesluit en later ook Amerikaanse burgerskap gekry.

Hy het egter altyd nou bande met Namibië behou en maak met sy gereelde besoeke aan die land tyd om skole te besoek en praatjies oor Nasa en die ruimte te gee.

Hy is in 1957 op Outjo gebore en het sy kinderjare op Opuwo deurgebring.

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...