Hoogtepunte vir kleinvee-skou
Die aantal kleinvee wat vanjaar ingeskryf is, beteken hierdie is weer ‘n gróót skou, ten spyte daarvan dat telers moeilike ekonomiese toestande in die gesigstaar en nog van die afgelope droogtes probeer herstel.
Elvira Hattingh - Hoogtepunte by vanjaar se kleinveeskou sluit in dat daar vir die eerste keer Meatmasterskape vertoon gaan word, terwyl ‘n teler van kampioene nou vir elke kleinveeras gekroon sal word.
Die skou se kleinveekomitee-voorsitter, Dederick Jankowitz, het kort voor die aanvang van die skou aan Parade gesê hy is baie opgewonde oor wat vanjaar se skou, maar ook die toekoms van die kleinvee-skou, inhou.
Hy is vanjaar reeds vier jaar op dié komitee as verteenwoordiger van die Persie-skaapras en vanjaar is dit sy eerste jaar as voorsitter.
“Ons is baie tevrede met vanjaar se inskrywings van altesaam 1 126 kleinvee en beskou dit as ‘n gróót kleinvee-skou. Vanjaar gaan altesaam nege kleinveerasse deelneem. Twee rasse het ongelukkig op die nippertjie onttrek. Dit gebeur soms, maar ons is steeds baie tevrede met die skou.
“Afgesien daarvan dat ons tans in moeilike ekonomiese toestande verkeer en probeer herstel van die afgelope droogtejare, behou telers hul topgehalte diere en bring dit skou toe,” het Jankowitz gesê.
Hy self is ‘n teler van Savanna-bokke en Persie-skape en het ook Boranbeeste.
“Ek is ‘n naweekboer, maar eintlik ook ‘n afslaer en eiendomsagent wat plase verkoop. Die skouwerk doen ek vir die liefde van die saak,” sê hy.
HOOGTEPUNTE
“Vir die eerste keer vanjaar het ons die Meatmasters op die skou. Alhoewel hulle nie ‘n ras is wat met hul diere skou nie, gaan hulle ‘n tentoonstelling hou.
“Hulle het ‘n stalletjie opgestel waar mense deurlopend na die diere kan kom kyk. Op Woensdag 3 Oktober om 10:00 bied hulle ‘n bespreking in die kleinveering oor dié skaap aan. Hulle gaan byvorrbeeld verduidelik hoe ‘n Meatmaster moet lyk en wat die voordele en die nadele van die ras is,” het Jankowitz gesê.
Jankowitz sê vanjaar wys hulle ook nie net een teler van kampioene aan nie, maar gaan so ‘n titel nou binne elke kleinveeras toegeken word.
“Dit beteken ons gaan byvoorbeeld ‘n ‘Boerbok Teler van Kampioene’ en ‘n ‘Van Rooy Teler van Kampioene’ aanwys sodat ons aan almal die nodige erkenning kan gee. Dit beteken dat een teler dalk die titel binne verskeie rasse kan verower.”
“Ons het weereens ook ‘n wye spektrum van beoordelaars vir elke ras, maar hulle is amal absolute kenners op hul gebied.”
Hy het belangstellendes ook daaraan herinner dat die interras-kampioenskappe Donderdagoggend vanaf 09:00 plaasvind, waartydens ‘n kampioen van kampioene gekies sal word.
“Dit beteken al die kleinveerasse se kampioene kompeteer teen mekaar vir dié gesogte titel. Dit is dié room van die Windhoek Skou.”
TELERS VERRAS MET GEHALTE
Jankowitz sê hy kan jaar-op-jaar sien hoe die diere se gehalte al meer verbeter. “Ek het toevallig nou die dag gekyk hoe skoudiere in die vyftiger- tot sewentigerjare gelyk het. Dit is ongelooflik wat telers intussen met goeie insig en ‘n bietjie kennis kon regkry.
“‘n Mens wonder dikwels of daar nóg ruimte kan wees vir verdere verbetering. Tog kry telers dit steeds reg om ons te verras – hulle kom elke jaar met nóg beter diere.
“‘n Mens wonder soms wat is die perfekte dier? Die telers gee leiding in verband hiermee. As ons byvoorbeeld na vleisdiere kyk, kry die telers dit reg om elke jaar meer vleis aan ‘n dier te sit, hetsy deur op die totale kapasiteit of lengte van die dier te verbeter,” sê Jankowitz.
Wat die toekoms betref, sê Jankowitz hulle beplan om die kleinvee meer kommersialiseer.
“Ons het ‘n era betree waar dit noodsaaklik geraak het. As ‘n komitee het ons vir onsself ‘n paar uitdagings gestel oor hoe ons ons fasiliteite wil verbeter. Dit sluit byvoorbeeld in om die kantoortjie op te gradeer. Buiten vor ons bestaande borge, is ons opsoek na nog meer borge met wie ons oor die langtermyn kan hande vat hiervoor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie