Hoop beskaam vir toerisme
Buitelandse toeriste mag volgens die toerismeministerie met 'n vooraf gereëlde reispermit buite die grense van die Khomasstreek reis.
Francoise Steynberg
Ondanks die Hosea Kutako Internasionale Lughawe (HKIA) se verklaarde gereedheid om môre buitelandse toeriste terug te verwelkom, is daar geen vlugte tot middel September geskeduleer nie.
Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het verlede week die nuwe implementeringsprotokol vir die internasionale toerismeherlewingsplan aangekondig.
Intussen het pres. Hage Geingob Vrydag die Khomasstreek se inperkingstyd tot 12 September verleng wat verdere vrae en onsekerheid in die toerismebedryf meegebring het.
“Hoewel die Khomasstreek steeds ingeperk is, kan toeriste met vooraf gereëlde reispermitte buite die grense van dié streek reis,” het die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, die naweek aan Republikein bevestig.
Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, (HAN), me. Gitta Paetzold, sê voor middel September sal geen vliegtuig inkom nie en die Condor-lugredery het sy Duitsland-Namibië-roete vir die res van 2020 gesluit.
Volgens haar is die Lufthansa-groep (met Brussels Airlines) gereed om op 19 September op HKIA te land.
“Hopelik is die Khomasstreek daarna weer oop. So lewe ons maar van 14 dae tot die volgende 14 dae,” het Paetzold gesê.
“Ek het ook voorgestel dat Air Namibia gereed staan om inkomende gaste vanaf HKIA dan na die Zambezistreek, Lüderitz en ander bestemmings te vlieg, maar die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) wil vir eers net internasionale vlugte by HKIA toelaat en alle binnelandse vlugte weer na Eros-lughawe verskuif.”
NAMIBIë BLY 'HoëRISIKO'
Boonop het Duitsland en Oostenryk hul reiswaarskuwing na Namibië verleng.
Namibië word tans as 'n Covid-19-hoërisikoland beskou en geen reisversekering is derhalwe beskikbaar nie.
Europese lande het ook hul beleid verander met 'n 14 dae selfbetaalde kwarantyn wanneer van hoërisikogebiede teruggekeer word.
“Met die nuwe kwarantynreëlings in die Europese Unie het ons al aansienlike kansellasies vir September en Oktober gekry,” het Paetzold gesê.
“Die maatreëls vir toeriste is te erg. Saam met die vereiste negatiewe Covid-19-toetsuitslag 72 uur voor hul vlug, soek die regering nóg 'n tweede toets hier vyf dae ná hul aankoms.
“Die lodges wat as eerste bestemming geldig is, moet nou eers by die gesondheidsministerie aansoek doen wat dit moet inspekteer, goedkeur en sertifiseer,” verduidelik sy.
“Vyf dae ná die toeriste se aankoms gaan gesondheidsbeamptes toeriste weer by hul eerste verblyfplek toets voor toeriste na hul volgende bestemming kan reis. Ek weet nie of daar genoeg kapasiteit is nie.”
Volgens Paetzold is alles veels te ingewikkeld en onseker, sodat toeriste beslis nie sal wil kom kuier nie.
“Drie dae voordat toeriste terugvlieg, moet hulle weer getoets word en moet dan in hul tuisland twee weke in kwarantyn bestee.
“Nee wat, hoe meer ons daaroor dink, hoe meer onmoontlik lyk dit. Oop grense, sonder kwarantyn en duisende toetse, is al wat gaan werk,” sê Paetzold.
Die uitvoerende hoof van die Namibië Professionele Jagvereniging (Napha), me. Tanja Dahl, sê “alles lyk beroerd en almal is baie moedeloos”.
Sy sê daar is baie vrae, soos: “Moet toeriste by lodges voor agtuur saans klaar wees met aandete en in hul kamers wees om die aandklokreël te gehoorsaam?”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie