Hoop oorleef laerskool se sluiting
Community Hope skool is ná 15 jaar gesluit, maar opvoeding vir kwesbare Katutura-kinders gaan by ’n nuwe perseel voort.
Augetto Graig
Ná 15 jaar was die Community Hope skool in Johannes Tuejijamastraat in Katutura, in Desember nog ’n slagoffer van die uitbreking van die coronavirus in Namibië.
Noodsaaklike borgskappe het reeds oor die afgelope jare verminder, maar die effek van inperkings was die finale struikelblok.
Die laerskool is destyds tot stand gebring vir kwesbare kinders uit die omliggende gemeenskap en het sedert 2005 aangegroei vanaf tien graad 1-kinders tot meer as honderd wat nou in 2021 nie weer hul geliefkooste rooi en swart uniforms kan dra nie.
Almal is sedertdien met die hulp van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur in die regeringstelsel opgeneem, volgens die voormalige skoolhoof, me. Chipo Kaisi.
Sy sê die verlies van die gesubsideerde privaatskool het talle ouers ongelukkig gelaat.
Die skool se stigter, mnr. John Hunter, is ook hartseer dat die laerskool moes sluit, maar dring aan dat Community Hope sal voortleef, al is dit in ’n nuwe formaat. Die merkwaardige laerskool is deur krimpende borgskappe en donasies, veral uit die VSA, uiteindelik toegemaak, volgens Hunter. Hy en sy vrou het vir twee maande jaarliks na die VSA gereis om borge te soek.
Borge het die koste van die skool gedek en ouers moes ’n registrasiefooi van net N$250 per jaar betaal, terwyl die skool omtrent N$3 000 per kind per maand moes uitgee. Afgesien van gehalte opvoeding kon die leerlinge ook ontbyt en middagete by die skool kry.
Teen einde 2020 kon die nodige N$300 000 per maand eenvoudig nie meer ingesamel word nie, volgens Hunter.
“Ek is lief vir Community Hope,” sê Hunter. Hy betreur ook die verlies aan die geleentheid om meer onderwysers daar op te lei.
Die voorsitter van die skoolraad, pastoor Cas Becker, sê die besluit om die laerskool toe te maak, was moeilik, maar onafwendbaar. Hy sê besighede en kerke in Amerika en plaaslik, wat in die verlede die skool geborg het, was altyd bly om dankiesêbriewe vanaf die leerlinge te ontvang.
Becker dring aan kinders was nooit gebruik om borge aan te moedig om te skenk nie, maar slegs om dankie te sê, en dat verwarring oor kommunikasie tussen leerlinge en Amerikaanse borge ontstaan het omdat ouers onder die wanindruk was dat borggeld vir spesifieke kinders se opvoedingskoste gebruik was. Hunter stem saam dat alle donasies vir die hele skool gebruik was.
Ondanks die verminderde finansiële steun gaan hulle voort by ’n goedkoper perseel by erf 427 Kindergartenstraat, waar geletterdheidsklasses, hulp met huiswerk, ’n nuwe erdewerk program genoem Clay, Play and Learn en natuurlik die skool se bekende boogskietspan die Patriots gehuisves sal word, sê Becker.
Opknapping van die gebou waar die projek voortgaan, sal na verwagting teen April voltooi wees, waarna vyf uit die twintig oorblywende werknemers heropgelei sal word om die skool in Juniemaand te heropen.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie