Hoop op Opsie 3 vir skole
Die kabinet moet nou besluit oor die heropening van skole op 3 Junie, sodat die skooljaar teen 18 Desember kan eindig.
Henriette Lamprecht
Die besluit oor wanneer leerlinge weer terugkeer skool toe en in watter fase, is in die kabinet se hande.
Volgens die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, is voorstelle ná insette en gesprekvoeringe met verskeie rolspelers aan die kabinet in dié verband voorgelê. “Kom ons wag vir die kabinet om die aankondiging te maak,” het Steenkamp gesê.
Die voorlegging volg op omvattende konsultasies met verskeie rolspelers oor 'n breë spektrum en wat onder meer hoofonderrigbeamptes vir persoonlike ontwikkeling, asook verteenwoordigers van private skole, deeltydse onderrigsentrums, en die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn ingesluit het.
Laasgenoemde het betrekking op die heropening van vroeë kinderontwikkelingsentrums (ECD) en preprimêre skole. Die Namibiese Nasionale Onderwysersunie (Nantu), die Onderwysersunie van Namibië (TUN) en die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso) is ook by die besprekings betrek.
Volgens Steenkamp was die vergaderings “baie goed verteenwoordig” en was die hoofdoel om te bepaal “wat van 2020 gered kan word”.
Die fokus het geval op sou gesondheidsaanwysers daarop dui dit is veilig vir leerlinge om na skole terug te keer, skole weer op 3 Junie open en in Desember sluit.
In dié moontlikheid (Opsie 3 van die meesterplan om onderwys weer op koers te kry) is die druk op die afhandel van die leerplan se inhoud vanjaar en is 13 onderrigdae minder as die minimum vereiste van 195 dae.
Die tweede termyn heropen op 3 Junie en sluit op 21 Augustus, terwyl die derde termyn 1 September begin en 18 Desember sluit.
Alle Saterdae (uitgesluit dié van die eerste en laaste week van die termyn) van al die weke in die tweede termyn en drie Saterdae van die eerste drie weke van die derde termyn sal vir verpligte onderrig gebruik word.
Volgens dié moontlikheid begin die nasionale eksterne eksamen vir NSSC-O en NSSC-H op 26 Oktober en sal tot 18 Desember duur. Die ministerie het vroeër gesê dié opsie is onderhewig aan die nodige toegang tot internasionale koerierdienste van eksamenmateriaal wat betyds uit Brittanje verskeep moet word.
Eindeksamen
Laasgenoemde beteken volgens Steenkamp eksamens word in November/Desember afgelê, met die merk van vraestelle wat in Desember plaasvind. Uitslae word gevolglik in Januarie en moontlik Februarie vrygestel.
“Ons het gekyk hoe ons elke graad kan red. Dit beteken ons het die leerplan vir elke graad gevat en gekyk watter vakke is kritiek om na die volgende graad te vorder? Watter persentasie moet 'n leerling van spesifieke vaardighede hê?” het Steenkamp verduidelik.
Volgens haar is “'n ontleding en bepaling gedoen" van hoe skole vir leerlinge heropen moet word, en in watter fases en vir watter grade dit moet geskied. Dit is ter wille van die voorlegging aan die kabinet gedoen.
“Hoe gaan ons dit infaseer en seker maak sosiale afstand word gehandhaaf?”
Steenkamp het veral verwys na gesprekke met verteenwoordigers van private skole en het dit as “baie betekenisvol en opbouend” beskryf.
“Dit het my soveel hoop gegee en my gemoed so gelig om te weet ons almal werk vir 'n gemeenskaplike doel en daardie doel is die opheffing van ons kinders.”
Die omvattende konsultasies was volgens die ministerie nodig om bewusmaking onder alle rolspelers te skep, eenstemmigheid te bereik en eienaarskap te neem van besluite wat geneem word om die “beste moontlike uitkoms” vir alle partye te verseker.
“Die samesprekings en besluitneming duur op die hoogste regeringsvlak voort, waarna 'n aankondiging gemaak sal word. Ons doen 'n beroep op almal om kalm en gefokus te bly en bedank die publiek vir hul ondersteuning en samewerking tot op hierdie punt.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie