Hoop vir boere by Kerslig
Lloyd Zandberg - Kersfees is ’n tyd van hoop – ook vir Namibië se boere.
’n Kersmark en -konsert sal Vrydag (22 November) om 16:00 by die Windhoek-buitekluboord se gholfklub ten bate van die Namibië Boere-droogtehulpfonds aangebied word.
“Die projek word deur die Namibië Boere-droogtehulpfonds aangebied. Dit is ook deur een van ons lede, me. Adri Oosthuizen, van stapel gestuur. Ons werk as ’n span saam aan die geleentheid om ’n groot sukses daarvan te maak. Alle fondse word aangewend om voer te koop en landswyd te versprei,” sê me. Marcha Reed, lid van die Namibië Boere-droogtehulpfonds, wat die geleentheid help organiseer het.
“Die werklikheid is daar is boere wat self nie meer kos kan bekostig nie, en ons het toe ons Koskas-projek op die been gebring. Ons ondersteun tans 10 boere met kospakkies, maar die getal groei daagliks,” sê sy.
Reed sê ’n verskeidenheid kos en produkte sal beskikbaar wees.
“Dis die ideale plek om jou Kersinkopies te doen.”
Plaaslike kunstenaars soos Nenna Shivute, Frans, Anina Oosthuizen en Luwellen Resandt sal ook regstreeks en gratis optree.
Kaartjies is by webtickets, Pick n Pay of die hekke beskikbaar teen N$80 vir volwassenes, en N$40 vir kinders en pensioenarisse.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie