Hoop vir gehoorgestremde kinders
In hul 30ste bestaansjaar het die vereniging vir kinders met taal-, spraak en gehoorgestremdhede (CLaSH) ‘n nuwe gebou op die perseel van die skool vir kinders met gehoorgestremdhede amptelik ingewy.
CLaSH het aan die hand van ‘n samewerkingsooreenkoms met die ministerie van onderwys, kuns en kultuur in Oktober 2018 nou met die direktoraat vir onderwys in die Khomasstreek gewerk om dié droom te verwesenlik. BILD hilft – A Heart for Children en die Rotariërklub Munich-Lehel het die projek geldelik ondersteun. Die nuwe gebou bestaan uit twee klaskamers, stoorkamers, ‘n kombuis en toiletgeriewe. Onder die vaandel van die ministerie sal dit ‘n preprimêre en dagsorgeenheid, asook ‘n gespesialiseerde, vroeëkinderontwikkeling-eenheid (ECD) vir dowe kinders vanaf aanstaande jaar huisves. Die nuwe gebou en die oorhandiging daarvan aan die ministerie is ‘n stap tot ‘n geïntegreerde onderwysstelsel vir leerlinge met gehoorgestremdhede. Die nuwe sentrum sal leerlinge ten volle toerus vir opname in die formele onderwysstelsel vir kinders met gehoorgestremdhede en ook hopelik ontwikkel in Namibië se eerste ECD-sentrum vir kinders met gehoorgebreke.
Volgens die ministerie se uitvoerende direkteur, me. Sanet Steenkamp, sluit vroeë ingryping in: Die identifisering van gehoorverlies so vroeg as moontlik in ‘n kind se lewe, ‘n bemagtigingsprogram vir ouers, klasse in Namibiese gebaretaal en dienslewering deur goedopgeleide mediese en onderwyspersoneel in goedtoegeruste geriewe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie