Hoop vir leeus in Kunene
Die omgewingsminister het gesê die leeus in die Kunenestreek se toestand het die afgelope twee maande verbeter.
Ellanie Smit – Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het die afgelope vier jaar die verskuiwing van 14 leeus uit die Kunenestreek goedgekeur en onderneem, in 'n poging om mens-dier-konflik en die haglike omstandighede te versag wat die leeus in die gesig staar.
Minister Pohamba Shifeta het aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê die streek gaan die afgelope dekade gebuk onder droogte en dit het 'n ernstige impak op die woestynaangepaste leeubevolking gehad.
“Die voortdurende droogtetoestande het 'n aansienlike toename in mens-leeu-konflik veroorsaak en gedurende 2021 is daar vanuit die streek aangemeld dat sommige van die leeus se toestand drasties agteruitgegaan het.”
Hy het gesê dit is veroorsaak deur die lae digtheid van voorkeurprooidiere vir die leeus en die heersende droogtetoestande.
Vroeër vanjaar het skokvideo's van uitgeteerde leeus in die Ugab-gebied in die Kunene op sosialemediaplatforms die ronde gedoen.
Volgens Shifeta is al 14 leeus na die N/a'an ku sê-stigting se TimBila- en Zannier-natuurreservate verskuif.
VERBETERING
In 2018 is vier leeus – drie wyfies en een mannetjie – na die Tsiseb-bewaringsgebied verskuif, en 'n leeuwyfie en twee mannetjies die volgende jaar na die Torra-bewaringsgebied.
Verlede jaar is twee wyfies en 'n mannetjie na die Anabeb-bewaringsgebied geskuif.
Intussen is drie wyfies en 'n mannetjie vanjaar na die Huab-bewaringsgebied verskuif, en 'n ander leeumannetjie na die Tsiseb-bewaringsgebied.
Shifeta het gesê die Kunene-leeus se toestand het die afgelope twee maande verbeter – 'n gevolg van hul natuurlike prooidiere wat geleidelik na die rivierstelsels in die onderskeie gebiede begin terugkeer.
Die leeubevolking in die land staan tans op ongeveer 800, wat diere in nasionale parke, bewaringsgebiede en dié in privaat besit insluit.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie