Hoop vir siggestremdes
Barry de Klerk - Oculus Vision Centre is onlangs met musiek, wyn en fantastiese kos vir ’n goeie doel in Windhoek bekend gestel.
Die optikasentrum gaan in Januarie volgende jaar hul deure oopmaak en beoog om die publiek verskeie optiese dienste te bied.
Oculus het ook van die bekendstellingsgeleentheid gebruik gemaak vir die bewusmaking van mense met visuele gestremdhede.
Vermaak by die geleentheid het onder meer uit topgehalte Suid-Afrikaanse kunstenaars bestaan.
Jakkie Louw en John-Henry Opperman het die temalied vir die aand, “Music in the Dark”, gesing.
Tien bottels wyn is tydens die verrigtinge opgeveil en geld wat ingesamel is, is ten bate van die bewusmaking van visuele gestremdhede.
Oculus sal die eerste lae visie-sentrum in die land wees en sal noodsaaklike hulp aan dié bied wat dit die meeste nodig het.
Hierdie sentrum gaan ook normale oogkundige dienste, soos oogtoetse, brille en kontaklense aanbied.
Oculus is Michelle Opperman en Chantal Overvliet se breinkind. Michelle is ’n optikus en Chantal ‘n oogkundige.
Dié twee beoog om standaarde te verhoog sodat alle kinders ‘n gelyke kans op onderrig het.
Oculus het reeds hul eerste projek geïdentifiseer.
Hulle hoop om die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, na die opening van die Oculus-sentrum volgende jaar te nooi.
By hierdie geleentheid gaan Oculus die ingesamelde bedrag aan die minister oorhandig.
Die geld sal dan aan ‘n kontrakteur gegee word om verbeteringe aan 'n skool te doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie