Hope reeds vir maande mishandel

Tanja Bause
Tanja Bause – Die bobbejaan Hope wat die afgelope week in Namibiërs se harte gekruip het, is Woensdag by N/a’an ku sê se kliniek verdoof sodat die veearts dr. Anais Herbert en me. Marlice van Vuuren haar behoorlik kon ondersoek om die volle omvang van haar beserings te bepaal en haar brandwonde te versorg.
“Ons het vasgestel vuur wat haar agterpote gebrand het, so warm was dat van haar tone aanmekaar gesmelt het en ander heeltemal afgebrand is. Sy kan ook nie meer haar regteragterpoot reguit maak nie. Dit was gebreek en het nie reg aangegroei nie, vandaar die misvorming,” het Herbert gesê.
Volgens haar is die spiere in Hope se agterbene heeltemal verswak wat meegebring het die bobbejaan moes met haar voorpote oorkompenseer. As gevolg hiervan is haar voorpote baie sterk, ten spyte daarvan dat haar linkervoorpoort ook gebreek is en nie reg aangegroei het nie.
“Hope weeg 9 kg, wat vir ’n bobbejaan van haar ouderdom ondergewig is. Omdat haar slagtande nog besig is om te groei, kon ons vasstel dat sy omtrent vyf jaar oud is, maar sy is ook veels te klein vir ’n bobbejaan van vyf jaar,” het Van Vuuren gesê.
Volgens Herbert is Hope op haar kop en gesig gebrand.
Die goeie nuus is dat haar wonde besig is om te genees en haar eetlus verbeter. Sy is nie meer so erg katatonies nie en toon belangsteling in haar omgewing. Sy reageer ook op die klein bobbejane.
“Ons het aanvanklik gedink dat sy weke lank mishandel is, maar ná die ondersoek is ons oortuig dat sy reeds maande lank mishandel is. Die gebreekte bene wat al geheg het, die brandwonde wat plek-plek al genees het, en haar ondergewig toon dat sy al lank gemartel en mishandel is,” het Van Vuuren gesê.
Intussen is ’n klag van dieremishandeling (CR 659/07/2016) deur lede van Business Community Against Crime (BCAC) teen die mans gelê en is die polisie van foto’s van hulle voorsien. Teen druktyd gister was die mans nog nie in hegtenis geneem nie.
Hope is Sondag deur lede van BCAC gered toe hulle omstreeks 14:15 die grondpad agter Namibia Breweries in die noordelike nywerheidsgebied gepatrolleer het. Daar het hulle twee mans gewaar wat ’n bobbejaan met stokke slaan. ’n Hond was ook besig om die bobbejaan aan te val. Die BCAC-lede het die mans beveel om die hond op te tel en hulle uitgevra oor hul wrede gedrag teenoor die bobbejaan. Die mans het die hond gegryp en vinnig verdwyn toe die BCAC-lede hulle rug draai om na die bobbejaan te kyk. Hulle het die bobbejaan bevry en dit na N/a’an ku sê geneem.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!