Hoër inflasiekoers beteken nie hoër rentekoers
Hanlie Stadler - 'n Hoër as verwagte inflasiekoers in Suid-Afrika sal die Reserwebank nie te veel skeel nie: Die meeste ekonome verwag steeds dat die rentekoers in die buurland vandag onveranderd gaan bly.
Dit is ook goeie nuus vir Namibië, aangesien die Bank of Namibia (BoN) sy eweknie anderkant die Oranje fyn dophou. Die Reserwebank se besluit vandag sal van deurslaggewende belang vir die BoN s''n volgende maand wees.
Statistieke Suid-Afrika (SSA) het gister bekend gemaak die inflasiekoers vir Oktober was 6,4%, vergeleke met 6,1% in September en hoër as die markverwagting van 6,3%.
Dit is die tweede hoogste inflasiekoers vir die jaar – in Februarie is 7% aangeteken – en die negende maand waarin inflasie bo die Reserwebank se boonste teikenband van 3%tot 6% is. Inflasie gaan na verwagting ook in November en Desember bo 6% wees.
Die inflasiekoers is grootliks opgedruk deur kosprysinflasie. Kospryse het met 12% gestyg – die hoogste nóg die afgelope paar jaar – en met 11,7% as koffie, tee en koeldrank ook ingereken word.
As kospryse heeltemal uit die prentjie gelaat word, is inflasie slegs 5,5%.
Goeie reën wat in Oktober en November in Suid-Afrika se somerreënvalstreke geval het, gaan waarskynlik in 2017 help om die hemelhoë styging in kospryse in bedwang te bring, sê Christie Viljoen, KPMG-ekonoom.
Kamilla Kaplan van Investec sê ''n mielie-oorskot in 2017 is ''n “moontlikheid”. Pryse vir wit- en geelmielies is reeds onderskeidelik 29% en 26% laer as die hoogtepunte wat in Januarie bereik is. “Dit kan bydra tot die afkoeling van kosprysstygings volgende jaar.”
Wandile Sihlobo, Agbiz-ekonoom, sê die afgelope twee jaar het slagkoerse van vee met meer as drie keer gestyg – van die gemiddelde weeklikse 6 500 per week tot 15 000 per week in 2016. Vir die week tot 11 November is 17 585 vee geslag, 17% meer as ''n jaar gelede, volgens syfers van die Roovleis-abattoirvereniging.
“Gegewe dié tendens, moes vleispryse eintlik gedaal het. Die huidige stygings dui dus moontlik op strukturele aanpassings aan die vraagkant.” (In leketaal: Meer mense eet rooivleis.)
Sihlobo glo dat vleispryse nog geruime tyd – ook in 2017 – vinniger sal styg soos wat boere minder vee begin slag om hul kuddes weer ná die droogte op te bou.
Johannes Khosa en Dennis Dykes van Nedbank sê kospryse sal stadiger styg soos wat die uitwerking van die droogte verminder. Die grootste bedreiging vir die inflasie-vooruitsig is nou die rand.
Nedbank verwag dat die rand na die einde van die jaar toe gaan verswak weens die verwagting dat Amerikaanse rentekoerse gaan styg, die swak politieke omgewing en ''n moontlike afgradering tot rommelstatus in Desember.
Hulle sê ''n rentekoersverhoging volgende jaar kan nie buite rekening gelaat word nie.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie