Hou00ebrhof baan weg vir LGBTQ-regte
Hou00ebrhof baan weg vir LGBTQ-regte

Hoërhof baan weg vir LGBTQ-regte

’n Menseregteprokureur het verduidelik hoewel die hof nie onmiddellike verligting aan die betrokke paartjies kon verskaf nie, “stel die uitspraak oortuigende redes waarom die hooggeregshof sy beslissing in die ‘Frank’-saak moet omkeer”.
Yandi Du Plessis
Jana-Mari Smith

‘n Regspan is druk besig om ’n appèl vir die hooggeregshof voor te berei wat baie hoop sal lei tot die geskiedkundige tersydestelling van ‘n 20 jaar oue uitspraak wat die regering lank as maatstaf gebruik het om die erkenning van selfdegeslaghuwelike ingevolge die immigrasiewet te weier.

Die appèl volg na drie hoërhofregters vroeër vandeesmaand aansoeke van twee Namibiërs en hul nie-Namibiese selfdegeslag-eggenote – wat al jare lank ’n stryd voer om dieselfde verblyfregte te kry as heteroseksuele buitelanders wat met Namibiërs getroud is – van die hand gewys het.

Hul aansoeke is van die hand gewys, aangesien die hof gemeen het hulle is wetlik verbind tot ’n 2001-uitspraak van die hooggeregshof – waarna algemeen as die “Frank-saak” verwys word – wat beslis het mense in selfdegeslagverhoudings in Namibië het ingevolge die immigrasiewet nie dieselfde regte as hul heteroseksuele eweknieë nie.

Nietemin het die regters eenparig ‘n uitspraak uitgereik waarin hulle die gebrek aan grondwetlike beskerming teen diskriminasie vir gay, lesbiese, trans en queer Namibiërs veroordeel.

Baie glo die uitspraak is só uiteengesit om te help om die vooruitsigte van ‘n suksesvolle hooggeregshof-appèl te bevorder.

“Die regte van gay en lesbiese individue is nog nooit tevore so sterk erken nie,” het me. Dianne Hubbard van die Regshulpsentrum (LAC) onlangs gesê ná ‘n studie van die uitspraak.

Die menseregteprokureur me. Michaela Clayton het verduidelik hoewel die hof nie onmiddellike verligting aan die betrokke paartjies kon verskaf nie, “stel die uitspraak oortuigende redes waarom die hooggeregshof sy beslissing in die Frank-saak moet omkeer”.

ERKENNING

“Die hooggeregshof word nie verplig om die hoërhof se verduideliking te volg nie, maar in die proses om tot sy eie besluit te kom sal hy heel waarskynlik die standpunte van die drie regters wat ’n eenparige besluit geneem het, ernstig oorweeg,” het Hubbard opgemerk.

Sy het gesê ‘n hersiening van die Frank-uitspraak het op die regte tyd gekom en die hoërhof was reg om “baie problematiese kwessies in die dié uitspraak uit te wys."

Die Suider-Afrikaanse Litigasiesentrum (SALC) het onlangs beklemtoon die hoërhof se uitspraak kom neer op ‘n duidelike vervolging van “Frank”.

Die hof het bevind dit is “verkeerd, verouderd en moet verander word, en het ‘n dringende beroep op die hooggeregshof gedoen om die verandering aan te bring. Die hoërhof het die regte van homoseksuele paartjies erken al kon hy nie die verandering bewerkstellig nie”.

Me. Anna Mmolai-Chalmers, die SALC-programbestuurder, het gesê die uitspraak “gee die applikante hoop, aangesien hulle van plan is om die hoër hof te nader”.

PAD VORENTOE

Sodra die appèl ingedien is, sal die hooggeregshof twee sake hanteer wat verband hou met LGBTQ-gelykheid en -regte.

In die burgerskapsaak van Oktober verlede jaar waarin ‘n Namibiese pa en sy Mexikaans-gebore man suksesvol was in hul stryd om burgerskap deur herkoms vir hul seun – wat deur surrogaatskap gebore is – te verseker, het hoërhofregter Thomas Masuku beklemtoon Namibië se Grondwet is van toepassing op alle Namibiërs “ongeag van kleur, geslag, seksuele oriëntasie …”

Hubbard het gesê beide sake wys dat die Namibiese howe “begin erken dat die beginsels van die Namibiese grondwet op almal van toepassing is, ongeag seksuele oriëntasie.”

Mnr. Omar van Reenen, ’n kampvegter vir gelyke regte, het gesê die gemeenskap is “vol vertroue dat die hooggeregshof die onreg sal regstel wat in die Frank-saak gedoen is, wat basies nie LGBTQ-mense en hul regte erken nie”. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.13 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.63 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.33 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 625.55/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.44/lb UP +2.76% | Zinc US$ 2 984.50/T UP 3.2% | Brent Crude Oil US$ 75.50/BBP UP +1.51% | Platinum US$ 970.47/OZ UP +1.30% #REF!