Hou00ebrhof su00ea eers in 2022 oor LGBTQ-huwelike
Hou00ebrhof su00ea eers in 2022 oor LGBTQ-huwelike

Hoërhof sê eers in 2022 oor LGBTQ-huwelike

Namibiërs leef in 'n nuwe wêreld waar diversiwiteit aanvaar word, is in die hoërhof aangevoer.
Yandi Du Plessis
Jana-Mari Smith – Die uitspraak van drie Namibiese hoërhofregters wat die taak het om te besluit of die Namibiese Grondwet selfdegeslag-huwelike, wat in die buiteland tussen Namibiërs en hul buitelandse eggenote bevestig word, sal binne agt maande op 20 Januarie 2022 gelewer word.

Die dag lange verhoor het gister plaasgevind met ‘n klomp mense wat die verrigtinge bygewoon het – onder wie dr. Albert Kawana, die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit.

Hoërhofregters Esi Schimming-Chase, Hannelie Prinsloo en Orben Sibeya, het die argumente van senior advokaat Raymond Heathcote, SC, namens twee selfdegeslag-egpare aangehoor, wat gesê het dit is tyd om die “vooroordele van regters in die verlede” ter syde te stel.

Die aansoekers is die Duitser me. Anita Elfriede Seiler-Lilles; haar Namibiese vrou, me. Anette Seiler-Lilles; die Suid-Afrikaner mnr. Matsobane Daniel Digashu en sy Namibiese man, mnr. Johann Hendrik Potgieter.

Die laasgenoemde egpaar het ‘n jong seun.

Voor die aanvang van die verhoor gister het me. Anette Seiler-Lilles buite die hofgebou gesê sy hoop op 'n positiewe uitkoms sodat “ons vry as 'n getroude paartjie in Namibië kan woon”.

NUWE WêRELD

Heathcote het gister aangevoer die Grondwet “verdra nie net ons diversiteit nie, maar vier dit ook”, en het die hof dringend versoek om ten gunste van die aansoekers te beslis.

Dít sodat hulle kragtens die wet dieselfde behandeling sal ontvang as enige heteroseksuele egpaar waarin die een eggenoot ‘n buitelander is en die ander ‘n Namibiër.

Hy het verder aangevoer dat die 20 jaar oue uitspraak in die Immigrasie versus Frank-saak dikwels as die wetlike standaard vir Namibië gebruik word, waar die term “eggenoot” volgens die Namibiese Grondwet- en immigrasiewet slegs van toepassing kan wees op 'n maat in 'n heteroseksuele huwelik.
Volgens Heathcote was dié uitspraak “bevooroordelend” en pas dit nie by die huidige beginsels van die land nie.

“Dit is onaanvaarbaar van ons Grondwet,” het hy gesê en bygevoeg die Frank-uitspraak interpreteer die Grondwet se definisie van familie en huwelike in lyn met “vooroordele uit die verlede”.

Hy het die hof dringend versoek om die land van hierdie “onverdraagsame idees” te bevry.

Hy het aangevoer die huidige saak “moet deur die lens van die Grondwet gesien word. Ons is in 'n nuwe wêreld waar ons diversiteit verdra.”

Die paartjies vra die hof om te beslis dat die term “eggenoot” in die wet op immigrasiebeheer selfdegeslag-huweliksmaats sal insluit, of dat dit ongrondwetlik verklaar word as die wet nie selfdegeslag-huwelike wat in die buiteland bevestig is, erken nie.

In albei sake word 'n bevel gevra dat selfdegeslag-huweliksmaats en -gesinne as 'n gesin verklaar word, soos in artikel 14 van die Grondwet beoog, en dat hulle Namibië as hul woonplek kan verklaar.

HOF WIL NIE ‘HAND OORSPEEL’

Die staat se saak het hoofsaaklik op die Frank-uitspraak gefokus, en aangevoer die regstelsel sou sy hand oorspeel indien die hof sou inmeng by 'n saak wat die mandaat van die parlement alleen moet wees.

“Frank het nie oor getroude mense gegaan nie, dit het oor 'n lesbiese paartjie gegaan,” het Heathcote egter in 'n stadium benadruk.

Die Suid-Afrikaanse senior advokaat Griffiths Madonsela, wat deur die regering aangestel is om hul saak te verdedig, het aangevoer die howe kan nie die Namibiese wetgewing verander nie.

“Die parlement het die laaste sê in hierdie saak,” het hy gesê en bygevoeg die hof “sou hul hand oorspeel” indien hulle die aansoekers se versoeke sou toestaan.

“Selfs al het die tye verander en die parlement moet hul standpunt hersien, berus die taak en verantwoordelikheid op die skouers van die parlement,” was sy redenasie.

Hy het gevra die hof moet die grondwetlike verligting wat versoek word, van die hand wys.

Madonsela het op 'n vraag van regter Hannelie Prinsloo gereageer, wat daarop gewys het dat die Frank-saak 20 jaar gelede plaasgevind het en tye sedertdien verander het.

“Die waardes en norme het die afgelope 21 jaar aansienlik verander. Moet die hof dan op dié beginsel steun met betrekking tot al die bevindings en opmerkings wat die hof destyds gemaak het?”

Regter Orben Sibeya het tydens die verhoor daarop gewys dat Madonsela uit 'n land afkomstig is waar selfdegeslag-huwelike erken word, maar in Namibië dieselfde erkenning teenstaan.

Madonsela het egter gesê die “regte” kanaal sal wees vir die parlement om oor die kwessie te besluit.

Hy het verder aangevoer dat Namibië se wette die land se huidige waardes en standpunt ten opsigte van selfdegeslag-verhoudings weerspieël. Hy het na die wet op beskerming teen huishoudelike geweld verwys, wat bepaal dat huishoudelike verhoudings gedefinieer word as “tussen persone van teenoorgestelde geslagte”.
[email protected]


FOTO
Mnre. Matsobane Daniel Digashu en Johann Potgieter, en mee. Anita en Anette Seiler-Lilles. Foto Jana-Mari Smith

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!