Hoërhof sê Meatco-raad is onwettig

Benewens 'n hofbeslissing dat die aanstel van Meatco se raad onwettig was, eis ­werknemers nou die bedanking van hul waarnemende uitvoerende hoof.
Denver Kisting
Denver Kisting en Elvira Hattingh



Die aanstelling van ses Meatco-raadslede verlede jaar deur die voormalige minister van water, landbou en bosbou, mnr. John Mutorwa, is onwettig.

Die hoërhof het vandeesweek beslis dat die aanstelling van dr. Martha Namundjebo-Tilahun as ­voorsitter, mnre. Ronald Kubas, Israel ­Ngangane, Stephanus ­Oosthuizen en Mushokobanji Mwilima, asook me. Sophia Kaseeta as direkteure op 16 Februarie 2017 teenstrydig is met die die ­Meatco-wet, die wet op ­openbare ­ondernemings en die ­Namibiese grondwet. Dit volg nadat vyf Meatco-­produsente in September verlede jaar 'n aansoek by die hoërhof ingedien het om die raad onwettig te laat verklaar, omdat produsente se nominasies nie tydens die aanstellings in aanmerking geneem is nie.

Adjunk-regterpresident Hosea Angula het in die guns van die applikante, naamlik mnre. Amon Ngavetene, Elia Kandjii, Peter Kazongominja, Gottfriedt Tsuseb en Tjakazapi Mbunguha beslis en die ­respondente opdrag gegee om die aansoekers se regskoste te betaal.

Benewens die raadslede, sluit die ­respondente in die minister van landbou, water en bosbou, die ­minister van openbare ondernemings, Meatco self en mnr. Ingo Schneider, hoof finansiële beampte en voormalige waarnemende ­uitvoerende beampte van Meatco.

Meatco se afdeling vir ­korporatiewe kommunikasie het Dinsdag 'n persverklaring uitgereik om belange­groepe oor die hofbeslissing in te lig en gesê besigheid sal soos normaal voortduur terwyl die hofbevel ­uit­gevoer word.

Die Lewendehaweprodusente-organisasie(LPO) se voorsitter, mnr. Piet Gouws, het gister aan ­Republikein gesê dit is 'n sensitiewe kwessie en die LPO wil nie nou kommentaar lewer nie, maar by die hofuitspraak volstaan.

VRA DAT BAAS BEDANK

Intussen het werknemers gister die Meatco-bestuur sewe dae gegee om op verskeie griewe te reageer.

Tientalle werknemers het gistermiddag voor die vleisreus se hoofkantoor betoog.

In 'n sterk bewoorde klagskrif voer die werknemers aan mnr. Jannie Breytenbach, die waarnemende ­uitvoerende hoof, laat hulle in die steek. Volgens hulle sien hulle niks van die beloftes van 'n ommeswaai in Meatco se sakebedrywighede nie.

Trouens, voer hulle aan, dit kom voor asof die besigheid agteruit boer. Afleggings blyk deurgaans op die tafel te wees, sê hulle.

Die werknemers beweer voorts Breytenbach skeer hulle nie almal oor dieselfde kam nie.

Hulle het daarop aangedring dat Breytenbach die tuig neerlê. “Wanneer die span verloor, moet die afrigter van sy pligte onthef word – nie die spelers nie,” lui die dokument.

Hulle het opnuut 'n beroep gedoen op die ministerie van landbou, water en bosbou om in te gryp.

Meatco het gistermiddag by monde van me. Rosa Hamukuaja-Thomas, die bestuurder van korporatiewe aangeleenthede, gesê: ““Meatco, soos enige ander maatskappy, voel die druk van die ekonomiese resessie.”

Sy sê die droogte bly hul grootste probleem.

Volgens haar het die situasie “klein bedryfsbesnoeiings” genoodsaak.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!