Hou00ebrhof staan weens Covid-19 tot 15:00 stil
Hou00ebrhof staan weens Covid-19 tot 15:00 stil

Hoërhof staan weens Covid-19 tot 15:00 stil

Denver Kisting


Denver Kisting – Die griffier van die hoërhof, me. Elsie Schickerling, het vanoggend in ’n interne skrywe gesê alle hoërhofsake wat vandag op die rol is, word uitgestel tot 15:00.
Dit geld vir die Windhoek-hoërhof en die een op Oshakati, sê sy.
Regters moet dié aankondiging vanoggend in die hof maak, lui die brief.
Schickerling sê regter-president Petrus Damaseb sal voor 15:00 ’n aankondiging maak oor die weg vorentoe.
Bemiddelings wat tussen vandag en 27 Maart geskeduleer was, word gekanselleer, sê die griffier.
Sy sê ’n personeelvergadering is vir 16:00 vandag belê waar meer inligting na verwagting gedeel sal word.
Dié maatreëls volg nadat twee gevalle van Covid-19 die afgelope naweek in Namibië bevestig is.
Mnr. Ockert Jansen, die woordvoerder van die regbank, het die egtheid van die brief by navraag bevestig.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!