Hoërhof stel skuldigbevinding ter syde
Hoërhofregter Danie Small het in sy uitspraak kritiek uitgespreek teenoor die byna tien jaar lange verhoor wat deurtrek was met onnodige vertragings.
Jana-Mari Smith – 'n Man wat in 2018 aan verkragting skuldig bevind is, 14 jaar ná die beweerde misdaad in 2007 en 'n verhoor van nege jaar, is uiteindelik vry ná 'n suksesvolle appèlaansoek teen sy skuldigbevinding en vier jaar lange gevangenisstraf.
Waarnemende hoërhofregter Danie Small het in Junie vanjaar, in ooreenstemming met waarnemende hoërhofregter David Munsu (albei van die hoërhof op Oshakati) die skuldigbevinding aan verkragting en die gevangenisstraf wat Robert Mutemwa in Maart 2018 opgelê is deur die Outapi-landdros AK Simpson, ter syde gestel.
Small het die skuldigbevinding vervang met “onskuldig en ontslag”.
In sy beslissing wat in Julie gepubliseer is, het Small kritiek uitgespreek teenoor die byna tien jaar lange verhoor wat deurtrek was met onnodige uitstellings en ander vertragings.
“Die rekord van hierdie appèlsaak is 'n treurige voorbeeld van edele beginsels wat geïgnoreer word en is 'n ernstige klad op die meeste rolspelers wat by die strafregtelike verhoor van die appellant betrokke was,” het hy geskryf.
Hy het daarop gewys dat die beweerde verkragting aan die begin van 2007 plaasgevind het.
Mutemwa het twee jaar later, in Maart 2009, onskuldig gepleit en is in Maart 2018 skuldig bevind.
Small het gesê die saak het 'n verhoor ingesluit wat nege jaar geduur het en 11 jaar ná die voorval afgehandel is.
“Ten tyde van die skuldigbevinding en vonnis was die kind wat as gevolg van die voorval gebore is, 10 jaar oud,” het hy gesê.
ONREGVERDIG
Een van die foute wat die tempo van die verhoor vertraag het, was die feit dat die uitslag van 'n vaderskaptoets wat al sedert November 2009 beskikbaar was, eers sewe jaar en drie maande later aan die hof oorhandig is.
“'n Mens kan net wonder waarom niemand in hierdie sewe jaar en drie maande gevra het waar die toetsuitslae is nie,” het Small gesê.
Boonop het me. Koch, een van drie regshulpprokureurs wat in 'n stadium tydens die verhoor aan die beskuldigde toegewys is, oor 'n tydperk van drie jaar en vier maande nie een keer in die hof verskyn nie.
"Ons glo ons sou ons beëdigde plig versaak as ons nie die ooglopende verontagsaming van relatief eenvoudige beginsels van regverdige verhoor deur die hof, die vervolging en die verdediging in hierdie saak aangeroer het nie."
Die rede hoekom die kwessie oor die tydperk van die verhoor vóór die uitspraak getakel is, was nie “bloot om kritiek te lewer nie, maar hopelik te verseker dit gebeur nie in die toekoms nie,” het Small bygevoeg.
Die hof het gelas dat afskrifte van die uitspraak aan alle betrokkenes gegee moet word, insluitend die landdroskommissie, die kantoor van die aanklaer-generaal en die regshulpdirekteur.
BEWYSLAS
Ten opsigte van die besluit om Mutemwa se skuldigbevinding aan verkragting ter syde te stel, het Small aangevoer die staat kon nie sy skuld bo redelike twyfel bewys nie.
“Daar bestaan redelike twyfel dat een van die belangrikste aspekte van die misdaad bo redelike twyfel bewys is. Die appellant moet dus die voordeel van die twyfel ontvang en vrygespreek word.”
Die deurslaggewende element was die gebrek aan bewyse dat dwang by die voorval betrokke was.
Mutemwa het eers ontken dat hy seks met die klaer gehad het, maar het dit later erken, nadat die vaderskapstoets hom as die kind se pa geïdentifiseer het.
Dit beteken egter nie die hof moes sy latere getuienis afwys nie, het Small opgemerk.
“Alhoewel Mutemwa homself geen guns bewys het deur die seksuele daad valslik te ontken nie, word howe al jare gewaarsku dat 'n leuen nie noodwendig iemand se skuld bewys nie.”
Hy het gesê die verandering van getuienis kan onherstelbaar vir 'n beskuldigde se saak wees “in gevalle waar die staat se bewyse relatief voor die hand liggend en sterk is”.
In hierdie geval het die staat se saak egter “beduidende onreëlmatighede rakende die aanwesigheid van dwangomstandighede gehad.”
Die hoërhof het dus bevind die landdros het versuim om dít in ag te neem, en “het gevolglik die hof in 'n verkeerde rigting en tot die skuldigbevinding van die appellant gelei”.
In sy samevatting van die klaer se getuienis het Small opgemerk sy het haar getuienis tydens die polisieondersoek en verhoor verskeie kere verander.
Mutemwa het intussen gesê hy het aanvanklik gejok dat hy seks met die klaer gehad het, want as 'n getroude man was hy bang vir sy vrou se reaksie, sowel as dié van die klaer se kêrel en haar voog.
Volgens sy getuienis het sy vrou hom verlaat ná die aanvang van die regsgeding.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie