Hoërskool Otjiwarongo se toppresteerders
Met klasse van gemiddelde grootte vermag hardwerkende en toegewyde onderwysers baie.
Daar is waarskynlik nie baie mense wat weet dat die Senior Sekondêre Skool Otjiwarongo – ’n staatskool – die afgelope agt jaar onder die topvyf skole in die land tel nie.
Dit is ook die tophoërvlak staatskool in die land.
Die wenresep, sê die skool se onderwysers, is eenvoudig: Goeie onderrig deur toegewyde onderwysers en ondersteuning van die dorpsmense.
“Dit verg harde werk en baie insette van ons onderwysers wat tot 10 ure per dag werk. Almal is bereid om daardie bietjie ekstra te doen. Die gemeenskap staan ook agter ons, almal is baie positief,” sê die departementshoof van sosiale wetenskappe, mnr. Tony Naylor.
Soos baie staatskole in die land het hierdie onderwysers ook maar oorvol klasse. Die gemiddelde klas het 40 leerlinge. Desondanks probeer die skool soveel as moontlik kinders aanvaar.
Omdat die skool goeie aansien geniet, soek ouers van heinde en verre vir hul kinders plek daar, maar Naylor sê die skool gee voorkeur aan dorpskinders.
Ekstra klasse in alle vakke word twee keer per week in drie rekenaarsentrums aangebied.
Met reg kan die skool met sy uitblinkers spog.
Aan die begin van Oktober het Brandon van der Colff uit 800 deelnemers ’n bronsmedalje op ’n wetenskapskou in Suid-Afrika ingepalm. Tydens die wetenskapskou in Windhoek wat in September plaasgevind het, het die skool se leerlinge met ’n goue, twee silwer- en twee bronsmedaljes huis toe gegaan. In 2011 was die skool die algehele wenner by dié geleentheid.
Onlangs het Ondjandere Ndjihane die Otjozondjupastreek in die nasionale redenaarskompetisie in Windhoek verteenwoordig.
Verlede jaar was twee van die skool se leerlinge, Felix Adam en Rachelle van der Colff, onder die land se toptien hoërvlak presteerders terwyl Ephraim Naanda onder die toptien gewone vlak presteerders getel het. In 2012 was Andie Eggert en Mari-Leigh D’emilo onder die toptien hoërvlak leerlinge.
Die skool probeer om soveel moontlik van sy aktiwiteite te diversifiseer. Daarvoor het die skool ook die afgelope drie jaar goue en
silwermedaljes by die ATKV-koorkompetisie gewen.
Op sportgebied vaar die skool ewe goed.
Verlede jaar het 12 van die skool se leerlinge Namibië in verskeie sportsoorte verteenwoordig, en sy eerste hokkiespan het die Noorde-liga gewen en na die semifinale van die Namibiese eerste hokkieliga deurgedring.
Vanjaar het 16 leerlinge hul land verteenwoordig. Die o.17-netbalspan het koning gekraai in die sone- en streekkompetisies en algeheel vierde by die nasionale kampioenskappe geëindig. Die o.15-netbalspan was ook die wenner in die sone- en streekbyeenkoms en het aan die Namibiese netbalkampioenskappe in Windhoek deelgeneem.
Die o.20 A-sokkerspan het die YDF-soneliga gewen en tweede in die streek gekom.
“Ons probeer ons bes,” sê Naylor oor die skool se uitmuntende prestasies.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie