Horte en stote
Die hernude onsekerheid waarin ouers en leerlinge verlede week gedompel is weens die soveelste terugkrabbeling oor wanneer skole sal heropen, is onregverdig.
Dit getuig van basiese gebreke in bestuur en administrasie in tye waarin dit die minste bekostig en geduld kan word.
Die vergunning dat skole wat gereed is wel vandag kan heropen, is kredietwaardig.
Op baie plekke, nie net in Suid-Afrika, word reeds verwys na ‘n verlore geslag wat weens die ekonomiese, opvoedkundige en ander gevolge van die Covid-19-pandemie ‘n duister toekoms in die gesig staar.
Keer op keer is besluite al aangekondig net om weer kort daarna ‘n ander deuntjie te hoor. Konsultering van belanghebbendes moet – selfs in moeilike omstandighede – vooraf geskied en nie as nagedagte nie. Vakbonde het dikwels ook stokke in die wiele van prosesse gedruk.
Hierdie soort horte en stote verhoed normalisering, selfs al is almal bedag op die eise van die sogenaamde “nuwe normaal”. Dieselfde geld vir alle aktiwiteite; nie net onderwys nie. Die chaos stuur ook ‘n verkeerde boodskap aan kinders as die burgers van die toekoms.
‘n Mens moet die grootste begrip hê vir vrese oor kinders se gesondheid. Maar almal se veiligheid is ewe belangrik, buiten vir ‘n gebrek aan mediese bewyse dat kinders ‘n hoërisikogroep is.
Alle ander bedrywe en fasette van die samelewing moet vroeër eerder as later terug uit die blokke kom.
Die aflassing van ‘n skooljaar en die idee dat ons in 2021 sal kan opvang, is geen opsie nie.
So sê ander
4 September 2020
Help kinders om weer onderrig te word
Onderwys is nie net ’n basiese reg nie, dit is ook ’n belegging – nie net vir die individu nie, maar ook in ’n land se toekoms.
Dit is daarom kommerwekkend dat talle leerlinge steeds nie teruggekeer het skool toe ná die aanvanklike streng inperking weens Covid-19 nie.
Hoewel tuisonderrig vir baie leerlinge ’n alternatief en ’n vangnet geword het, is daar kinders wat sedert Maart min tot geen gehalte-onderrig ontvang het nie. Virtuele klasse en aanlyn leer is net diegene beskore wat toegang tot tegnologie én geld vir data het.
Wat die pandemie in Suid-Afrika gedoen het, is om al die land se gebreke onder ’n vergrootglas te plaas. Politici kan toesprake afsteek oor die wonders van die vierde nywerheidsrevolusie, maar solank ’n skool nie eens ’n spoeltoilet het nie, kan jy vergeet van hoëspoed-internet of rekenaargebaseerde onderrig.
Die gaping tussen ryk en arm – en die digitale gaping – is nou duideliker as ooit tevore en gaan net groter word.
As kinders nie gehelp word om terug te keer skool toe of suksesvol in ’n erkende tuisonderrigprogram geregistreer word nie, gaan dit in die toekoms lei tot selfs groter werkloosheid en ’n enorme verlies vir die land: ’n verspeelde kans om die potensiaal van die jeug te ontsluit.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie