Hospitaal in japtrap op Otjiwarongo ingerig
Hospitaal in japtrap op Otjiwarongo ingerig

Hospitaal in japtrap op Otjiwarongo ingerig

As die private sektor en staat hande vat, gebeur dinge blitsvinnig. Otjiwarongo kan daarvan getuig.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Die gemeenskap van Otjiwarongo kon danksy goeie samewerking van alle belanghebbendes dit regkry om binne een week ’n 12-bedhospitaal in te rig vir die sub-akute behandeling van Covid-pasiënte wat aan die herstel is.

Mnr. Theo Borstlap, voorsitter van die gemeenskapskomitee wat dié projek bestuur, sê die doel is om pasiënte uit die hospitale op die dorp na die Healing Haven Hospice vir post-Covid-herstel oor die plaas sodra hulle nie meer ernstig siek is nie.

“Hier sal hulle deur fisioterapeute gerehabiliteer word en pastorale sielkundiges is ook beskikbaar vir berading,” sê Borstlap, ‘n sakeman op die dorp.

Hy sê hulle het verlede Donderdag 'n woonhuis op die dorp in 'n hospitaal begin omskep. Die werk is binne vier dae deur me. Edna de Jager en 'n span handige inwoners gedoen. Trouens, dit was De Jager wat met die plan vorendag gekom het. Die huis behoort aan me. Marie Gey van Pittius.
Die dorp se private dokters, die koördineerder van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se Covid-19-span op Otjiwarongo, verpleegpersoneel van die staat, die munisipaliteit en die private sektor, gesondheidsinspekteurs van beide die staat en die munisipalteit, fisioterapeute, sakelui, regslui en die kerke het saamgewerk om dit in ‘n rekordtyd te laat gebeur, vertel Borstlap.

“Ons het vandag (gister) die geskiktheidsertifikaat van die munisipaliteit gekry en wag nog vir die staat s’n. Ons hoop om reeds môre (vandag) te open. Indien nie, sal ons op die laatste Vrydag die eerste pasiënte kan inneem.”

Borstlap sê die enigste vereiste is dat pasiënte deur dokters daarheen verwys moet word. Dit moet pasiënte in die post-Covid-fase wees wat nie meer so baie suurstof nodig het nie en wat deur fisioterapeute gerehabiliteer moet word.

Hy sê dr. Maritz Laubscher, ’n private dokter, en me. Antje Pfaffrott, ‘n fisioterapeut, is ten nouste betrokke.

Sy vrou, me. Colia Borstlap, is in beheer van die verpleegpersoneel. Me. Vicky Laubscher is verantwoordelik vir die kommunikasie en me. Mariëtte Badenhorst koördineer die kosvoorsiening aan die pasiënte en die personeel.

Verder, sê Borstlap, het me. Anneke Campbell, ‘n prokureur, aangebied om die stigtingsakte en ander dokumentasie vir die registrasie van die hospitaal op te stel. Mnr. Zuan Brand koördineer die skenkings en donasies wat gebruik is om mediese toerusting soos suurstofkonsentreerders aan te koop.

“Die hospitaalbeddens is deur Mediclinic en die Altersheim op Otjiwarongo geskenk,” vertel hy.

Borstlap sê hy het groot waardering vir die goeie samewerking wat die gemeenskap van die munisipaliteit en die staat ontvang het om dié projek in so ’n kort tyd moontlik te maak.
[email protected]


FOTO
Die 12-bedhospitaal vir die sub-akute behandeling van Covid-pasiënte is binne twee weke op Otjiwarongo ingerig. Foto Verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!