Hospitaal op Onandjokwe ontvang endoskoop
Debmarine Namibia het aan die gesondheidsministerie se versoek vir 'n endoskoop gehoor gegee as deel van sy steun aan die regering se pogings om die land se gesondheidstelsel te verbeter.
Tuyeimo Haidula op Onandjokwe
Die Onandjokwe Intermediêre Hospitaal is die mees onlangse ontvanger van 'n endoskoop, ter waarde van ongeveer N$1,3 miljoen, wat Debmarine Namibia aan die hospitaal geskenk het.
Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, het Donderdag tydens die oorhandiging Debmarine geprys vir sy ondersteuning van die regering se pogings om vir Namibiërs beter mediese sorg te bied.
Muinjangue het gesê die masjien sal operasies vergemaklik aangesien die chirurg net 'n klein snytjie moet maak om die interne organe duidelik te sien en die probleem met groter gemak te kan aanpak.
“Die belangrikste voordeel van die endoskoop is dat dit ná die operasie slegs 'n klein litteken agterlaat.
“Pyn ná operasies is een rede waarom baie mense nie vir operasies wil gaan nie, maar die kleiner snytjie beteken minder pyn,” het sy gesê.
Die uitvoerende hoof van Debmarine Namibia, mnr. Otto Shikongo, het gesê hul vennootskap met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het in 2006 en 2007 reeds begin toe die maatskappy opgraderings aan die Katutura-hospitaal se sentrum vir siektebeheer (CDC) geborg het. Hy sê die maatskappy het – in sy strewe om by te dra tot die verbetering van die land se mediese stelsel – voldoen aan die ministerie se versoek in 2019 deur die skenking van die endoskoop.
"Ons is bly om op ons eie beskeie manier die regering se pogings te ondersteun om gesondheidsorg aan ons mense te bied en om hul maatskaplike welsyn, insluitend dié van swak en kwesbare lede van ons samelewing, te verseker,” het Shikongo gesê.
Hy het bygevoeg Debmarine Namibia glo 'n gesonde arbeidsmag is 'n produktiewe arbeidsmag en 'n gesonde nasie is 'n welvarende nasie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie