Hospitale darem op die herstelpad – Shangula
Covid-pasiënte mag voortaan een besoek vir 'n halfuur per week van een familielid ontvang.
Tuyeimo Haidula op Oshakati – Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê al die hospitaalafdelings oraloor die land wat in Covid-sale omskep is om die toenemende aantal pasiënte te akkommodeer, is minder oorval en kan weer soos normaalweg gebruik word.
Shangula het Woensdag gesê die voorkoms van nuwe gevalle, hospitalisasies en sterftes is voortdurend besig om af te neem.
Hy het dié opmerkings gemaak tydens die oorhandiging van 'n toegeruste 40-bed-tentafdeling wat deur die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid (NCCI) geborg is.
Namibië worstel reeds vir meer as twee maande teen die derde golf, wat binnelandse reis vir twee opeenvolgende termyne verbode gemaak het en weer die landsgrense aan die einde van Mei vanjaar laat sluit het. Dié maatreëls is genoodsaak deur die nuwe Delta-variant, wat aanvanklik in Indië geïdentifiseer is. Die hospitale se suurstofbehoefte het die hoogte ingeskiet en die land het daagliks honderde sterftes aangeteken.
Shangula sê die mediese dienste wat tydens die derde golf opgeskort is, het intussen hervat.
“Daar is genoeg ruimte beskikbaar in ons Covid-19-isolasie- en intensiewesorgeenhede (ICU's).
“Ek bedank die gesondheidspersoneel vir hul toewyding gedurende die moeilike tyd wat ons pas moes deurmaak. In die lig van die verbeterde Covid-situasie in die land, het die ministerie besluit om besoeke aan Covid-pasiënte deur 'n familielid toe te laat. Die pasiënt is geregtig op een besoek per week,” het hy gesê.
Elke besoeker sal volledige beskermende persoonlike toerusting (PPE) ontvang om te dra vir die besoek wat hoogstens 30 minute mag duur.
Volgens die minister sal die besoeke aan verskillende pasiënte op verskillende datums en tye versprei word om te verseker dat op geen gegewe tyd 'n toeloop van besoekers in enige Covid-19-saal ontstaan nie.
Shangula het Namibiërs herinner dat elke persoon 'n rol moet speel in die hokslaan van die virus.
Hy het 'n beroep op Namibiërs gedoen om ingeënt te word en sodoende natuurlike immuniteit teen Covid-19 op te bou.
Die goewerneur van die Oshanastreek, mnr. Elia Irimari, het die NCCI vir dié skenking bedank en hulle geloof vir hul patriotisme om die regering in die stryd teen die Covid-19-pandemie te ondersteun. Hy het ander sakelui versoek om dié voorbeeld te volg om sodoende ernstige siekte en lewensverlies te voorkom.
Die konstruksie van 'n 15-bed-ICU op Keetmanshoop sal na verwagting vandeesmaand voltooi word, terwyl die uitbreiding van die intensiewesorgeenheid op Katima Mulilo binnekort sal begin.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie