Hotel-beleg in Somalië eindig met 29 dood

’n Islamietiese aanval op ’n hotel in Mogadisjoe in Somalië is Sondag beëindig nadat 29 mense dood is ten tyde van ’n beleg wat 12 uur geduur het, het die polisie gesê.

Nadat ’n motorbom Saterdag voor die hekke van die Naso Hablod Two-hotel ontplof het, het aanvallers die hotel bestorm.

Die Islamietiese militante-groep Al-Shabaab het verantwoordelikheid vir die naweek se aanvalle aanvaar.

“Sover ons weet is 29 mense dood – die dodetal mag styg,” het ’n polisieman, Abdullahi Nur, aan Reuters gesê.

Nur het ook gesê dat minstens 12 van die dooies polisiebeamptes was.

Drie militante is gevang en twee ander het hulself opgeblaas nadat hulle gewond is, het die polisie gesê.

Die aanval het Saterdagnag begin toe ’n motorbom die hekke van die hotel aan flarde geruk het. Die hotel is naby die presidensiële paleis en die bom het die hotel se omheinings verwoes.

Die gewapende mans het agterna die gebou bestorm. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!