Hotel ondersteun isolasie-eenhede
Hotel ondersteun isolasie-eenhede

Hotel ondersteun isolasie-eenhede

Tanja Bause
Namdeb het twee van hul huise in Lüderitz beskikbaar gestel om as isolasie-eenhede gebruik te word.

Die huise het elk agt beddens om Covid-19-pasiënte te huisves.

Volgens mnr. Ulf Grünewald, ­hoofbestuurder van die ­Lüderitz Nest Hotel, het hulle nog altyd alles in hulle vermoë gedoen om die gemeenskap van Lüderitz te ondersteun. Die hotel het die beddegoed vir die isolasie-eenhede geskenk.

“Met die Covid-19-pandemie het die gemeenskap ons hulp meer as ooit te vore nodig. Ons gee nie net die beddegoed nie maar ook hand- en badhanddoeke.

“Ons skenk ook 16 stelle ­breekware en eetgerei asook gordyne vir die huise,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer