Hotto se skip by Pirates voor anker
Die Brave Warriors-speler staan voor ’n skuif na die PSL se swart-en-wit span.
Tielman van Lill – Deon Hotto, een van Namibië se voorste aanvallers en doelvraat op die sokkerveld, gaan aanstaande seisoen sy Bidvest Wits-trui vir die swart-en-wit van Orlando Pirates in Houghton, Johannesburg verruil.
Hotto, wat sedert 2018 vir Bidvest in Suid-Afrika se Premiersokkerliga (PSL) speel, het onlangs ’n watertand aanbod van die Seerowers ontvang wat geen regdenkende sokkerspeler sou laat los nie.
Sy salarispakket sal hom een van die PSL se topverdieners met sy vergoeding wat volgens berigte ’n halfmiljoen Namibiese dollar per maand beloop. Hoewel die 28-jarige se huidige salaris van N$200 000 by Wits nie te versmaai is nie, sal sy nuwe verdienste meer as verdubbel, met ’n totale bedrag van meer as sewe miljoen op sy kontrak ingevul.
Hotto wou glo nog altyd vir Pirates op die veld gestap het. Nou is dié gesogte man met die goue voete vir sy harde werk beloon en word dié droom bewaarheid.
Mamelodi Sundowns was blykbaar die eerste PSL-klub wat ook agter Hotto se gesogte handteneing aan was met ’n aanbod van viermiljoen per jaar. Maar Pirates se teenaanbod was gewis die regte medisyne om Hotto te laat teken.
Hotto se begeerte om vir Pirates te speel, was so intens dat hy Sundowns se aanbod van die hand gewys het nog voordat hy van Pirates se kontrak geweet het.
Toe Alan Fainman, voorsitter van Orlando Pirates, oor Hotto uitgevra is, wou hy niks rep nie.
“Deon Hotto speel nog vir Bidvest Wits; as enige iets verander, sal ons dit bekendmaak. Hoeveel spelers verdien en vir watter bedrae hulle aangeskaf is, is privaat en vertroulik. Ons bespreek nie spelers se kontrakte en salarisse in die media nie.
“Al die spelers is tans daarop gefokus om die seisoen op die beste noot by hul huidige klubs af te sluit. Dit is al wat saakmaak,” het hy aan TimesLIVE gesê.
Floyd Mbele, senior bestuurder by Pirates, is ewe geheimsinnig oor hul planne met Hotto.
“Ek kan nie praat oor praat wat nie Pirate-spelers is nie. Hoekom sal ek oor ’n speler praat en inligting rakende sy verskuiwing na Pirates verskaf? Die huidige seisoen is nog nie klaar nie. Ek is glad nie daarvan bewus dat Hotto by Pirates aangesluit het nie. Julle beskik oor inligting wat ek nie het nie,” het Mbele heftig ontken.
Thulani Hlatshwayo, die Bafana Bafana-kaptein wat saam met Hotto by Bidvest Wits gespeel het, het volgens gerugte ook sy heil by die Seerowers gevind. Pirates se oop tjekboek het gewis te den met die klub se ambisie om aanstaande seisoen meer kompeterend teen veral Sundowns en Kaizer Chiefs in die PSL te wees.
Bidvest Wits is onlangs verkoop en die nuwe eienaars het besluit om Thohayandou in Limpopo sy hoofkantoor te maak. Dit het verwarring onder meeste van die spelers gesaai en die oorgrote meerderheid het volstrek geweier om 400 kilometer weg van hul tuiste te trek. Dié verwikkeling was genoegsame oorsaak vir mededingende klubs om kosbare talent van Wits weg te raap.
Hotto se agent, Machini Motloung, was nie vir kommentaar beskikbaar nie.
– www.sportfeed.com
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie