Hou aan veg, vrou
Gerine Hoff - By die koerant en in die mediawêreld word ons elke dag blootgestel aan die lewe se vreugdes en hartseer, die mooi en die minder aangenaam.
Baie van my kollegas het al in hierdie kolom geskryf oor hoe daar soveel mense-verhale van buite ons kantoor is wat jou persoonlik raak. Maar dit is nie net dit wat daar gebeur wat elkeen van ons op ’n sekere mate raak nie, dis die mense wat saam met ons werk en wat eintlik al familie is, wie se lief en leed ook ’n groot impak op ons maak.
Die afgelope 18 maande was om verskeie redes baie moeilik vir ons by Republikein. Ons het drie geliefde en bekende gesigte verloor – Gene Travers, Jan Poolman en Corry Ihuhua – en ook ons IT-man, Toni Seiler, wat verlede jaar in ’n motorfietsongeluk dood is. Hy het nie meer by die groep gewerk nie, maar ons het sy gesig nog gereeld hier by die kantoor gesien. Sy erfenis leef voort in die EyeBike-veldtog wat hopelik ander motorfietsryers se lewens sal red.
En toe kom die nuus dat my kollega, my “partner in crime”, my vriendin Alita weer in die hospitaal opgeneem is.
Ons het nou die dag nog ’n groot mylpaal saam gevier. Die volgende dag laat weet sy sy is siek, maar dat sy hoop haar hospitaalverblyf gaan van korte duur wees.
Vir haar vriende, haar kollegas en mense met wie sy te doene het, is Alita ’n uitsonderlike mens. Altyd geduldig, altyd vriendelik, altyd bereid om te help en altyd daar met ’n skouer of met ’n oor, en altyd reg met ’n plan of idee wanneer dit nodig is. Boonop is sy so taai soos ’n ratel.
Wanneer ek kyk na die pragtige, bemoedigende boodskappe en gebede wat vriende en familie op die WhatsApp-groep vir haar gesin stuur, weet ek Alita het ’n ewe groot indruk en impak op ander mense se lewens ook.
Ons het mekaar 17 jaar gelede by Republikein se kantoor in die ou Stübelstraat ontmoet – sy in bemarking en ek in die redaksie. Sy het intussen ’n paar ander draaie gemaak, maar die afgelope klompie jaar werk ons weer saam, gesels ons oor ons mans en kinders en die lewe.
Behalwe vir die alledaagse takies waaraan ek en sy gereeld moet koppe bymekaar sit, is ons twee se groot projek die Bruidspaar van die Jaar-kompetisie. Elke jaar as dit oor en verby is, belowe ons mekaar ons gaan minstens één glasie “bubbly” saam daarop drink, maar wanneer ons ons oë weer uitvee, is dit die einde van die jaar en ons lippe is nog droog.
Kort voor lank klop die nuwe jaar se kompetisie weer aan die deur en die siklus herhaal homself. Só het dit gebeur dat ons hierdie jaar weer nie by die “bubbly” uitgekom het nie.
En nou is sy baie siek.
Alita, jy is ’n vegter, dus hou aan veg! Ek hoop jy hoor almal se gebede en seënwense, en word gesond. Jy is veel sterker as wat jy dink!
Tot dan, hou ek vir ons ’n vonkeltjie op ys vir wanneer ons mekaar weer sien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie