Hou BAT se positiewe beleggingsrokie dop
Hou BAT se positiewe beleggingsrokie dop

Hou BAT se positiewe beleggingsrokie dop

Frans De Klerk - British American Tobacco (BAT) het geen bekendstelling as sigaretreus nodig nie en sy grootste bedreiging is steeds die verkoop van onwettige sigarette.

Dit lei tot ’n verlies van tussen $40 miljard en $50 miljard aan belasting wêreldwyd.

As dit ’n maatskappy was, sou onwettige sigaretverkope die derde grootste tabakmaatskappy ter wêreld gewees het.

Sowat 8 miljoen volwassenes in Suid-Afrika rook 27 miljard sigarette per jaar.

Wes-Kapenaars is volgens die jongste statistieke die grootste rokers: 42% van die mans rook en 25% van die vroue.

Die weeklikse tegniese grafiek het betrekking.

Die aandeel is vasgevang in ’n simmetriese driehoek tussen lyn A (R660,33) en lyn B (R634,12).

Die driehoek staan op die punt om na bo te breek. Indien lyn A in steun kan verander, kan die formasie na bo sy teiken van R740 jaag.

Onder lyn B sal die formasie van die tafel wees.

Daar is ook twee vensters wat hoër wag – tussen R716,97 en R720,18 en tussen R777,91 en R785,23.

Die 20- en 40-dae- bewegende gemiddeldes werk goed op hierdie grafiek.

Ons kan sien dat hulle in Mei getoets is, maar die 20-dae- bewegende gemiddelde (groen lyn) was nie sterk genoeg om deur die 40-dae- bewegende gemiddelde te breek nie.

Dit lyk egter of die 20-dae- bewegende gemiddelde weer momentum opbou en dit sal as positief beskou word as die gemiddelde deur die 40-dae- bewegende gemiddelde breek.

Spekulante: Koop bo lyn A, maar gebruik R643,96 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is R675, R687,51, R698,34, R716,97 (opening van die venster), R720,18 (sluiting van die venster), R728,91, R734,45 en R740.)Medium- tot langtermynbeleggers:

Die aandeel het begin om ’n basis te bou op ’n weekgrafiek en dit is duidelik dat dit die aandeel op huidige vlakke ondersteun. Doen dieselfde as die spekulante hierbo. Daar is ook ’n positiewe afwyking op die stogastiese aanwyser, wat positief is.)

· Frans de Klerk is ’n onafhanklike tegniese ontleder. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!