Hou Cyril met feite op sy tone
Verandering sal daarom noodgedwonge stapsgewys moet gebeur en as’t ware teen ’n “stadige pas” totdat ons by ’n beter plek uitkom.
Judith February
Terwyl ons kyk hoe die Zondo-kommissie oor staatskaping ontvou, kan ’n mens nie anders as om net weer te besef hoe verwoestend die Zuma-jare was en hoe lank dit sal neem om dit wat hy en die ANC afgebreek het, weer op te bou nie.
Laasgenoemde verteenwoordig meer as ’n dekade se plundering. Deesdae skreeu die hoofopskrifte daagliks die vraag wat pres. Cyril Ramaphosa vandag aan die saak sal doen. Dit is reg dat ons verontwaardig is oor wat gebeur het en steeds aan die gang is, maar rede en perspektief moet ook in aanmerking geneem word.
Die proses om dit wat gebreek is te herstel, gaan deel van ’n baie lang spel wees. Tragies genoeg sal sommige dinge nooit weer herstel kan word nie.
Gegewe die skaal van die plundering en dit wat alles op die spel is, was dit nog altyd ’n uitgemaakte saak dat die korruptes sou terugveg. Ná ’n blote 11 maande bly die feite egter onveranderd, naamlik: Ramaphosa het met ’n klein meerderheid in Nasrec geseëvier. Die oorwinning was onder meer danksy kompromieë wat hy met enkele gure karakters moes sluit. DD (Mabuza) is onder laasgenoemde, maar Ramaphosa moes ten minste probeer om die staat en sy party te red.
VOLMAAKTE VISIE
Ja, Ramaphosa en kollegas soos Pravin Gordhan was in Zuma se kabinet en kon destyds bedank het, maar waar sou dít ons gelaat het? Buitendien bied ’n terugblik altyd volmaakte visie.
Verandering sal daarom noodgedwonge stapsgewys moet gebeur en as’t ware teen ’n “stadige pas” totdat ons by ’n beter plek uitkom.
Ons weet wel dat Tom Moyane uit is, hoewel hy soos Zuma nog verbete aan regsprosesse klou; dat staatsbeheerde ondernemings met ’n soort skoonmaakproses begin het en dat ons in ’n oop proses is om ’n nuwe nasionale direkteur vir die nasionale vervolgingsgesag in die plek van Shaun the Sheep te vind.
Ons besef egter ook dat foute gemaak word. Suid-Afrika se aanvanklike weerhouding van sy stem in die VN se stemming oor Mianmar is so ’n geval. So ook minister Lindiwe Sisulu van internasionale betrekkinge se onregverdigbare verdediging van Tanzanië toe die land joernaliste sonder rede aangehou het.
‘KABINETSKOMMELING’
Die afgelope week was daar ook ’n sogenaamde “kabinetskommeling” wat nou nie juis nuuswaardig was nie. Dit dui aan dat werklike verandering vir eers tot ná die verkiesing in 2019 op die lange baan geskuif is.
Onlangs is onthul dat Ramaphosa ’n politieke skenking ontvang het en moontlik daaroor gelieg of die parlement mislei het. Ons het meer feite nodig voordat lomp oproepe vir hom om oor die kwessie te bedank op sosiale media gedoen word. Die president moet oop kaarte speel en dit behels meer as om net die skenking terug te betaal.
Hy moet onder meer die Wet oor die Finansiering van Politieke Partye bekragtig en hom tot deursigtigheid verbind sover dit politieke skenkings in die aanloop tot volgende jaar se verkiesings betref.
FEITE NIE EMOSIE NIE
Ons is verplig om rekenskap van die presidensie te eis, maar dit moet op feite en rede berus en nie net die emosie van die onmiddellike reaksie nie.
Dit is moeilik om ’n opbouende debat in ’n omgewing sonder feite te voer, terwyl ’n opgewonde media mense boonop aanhits met opskrifte van nog ’n instelling wat “ongetransformeer” is. Die opskrifte verkoop, maar voeg nie juis waarde toe tot die debat nie en sorg selde vir sterker instellings.
Die debat gaan dus nie daaroor of ons verandering in ons bestel wil hê nie omdat dit in elk geval die oorheersende dryfveer moet wees. Kan Suid-Afrika dit vermag in ’n wêreld wat nie meer oor ’n saak wil dink nie?
Om iets te bepeins hou sy eie vernuwende voordele in.
*Judith February is ’n senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie